Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[1.2.6] Hoe dit moontlik was dat die oerlig van hierdie wêreld, d.w.s deur die nagtelike mense, wat in al hulle bestaan vanuit My, of wat dieselfde is, uit die oerlig (woord) voortgegaan het, ten spyte van al die voorbodes en verkondigers van My aankoms, misken kon word, is reeds in die 5de vers duidelik uiteengesit; daar moet net nog ‘n besondere melding van gemaak word, dat hier onder wêreld nie die aarde as ‘n draer van geoordeelde siele, wat die eintlike materie vorm, verstaan moet word nie, maar bloot net die mense, wat wel gedeeltelik uit hierdie materie geneem is, maar as eenmaal vrygestelde wesens nie meer tot hierdie oergeoordeelde sielsmaterie mag behoort nie; want watter vereiste sou dit tog nie wees nie, as Ek van ‘n klip wat nog in die diepste oordeel lê, sou verwag dat dit vir My moet erken? Dit kan net van ‘n siel wat vry geword het en My gees in haar dra, vol regtelik vereis word.

Desktop Kommentaar