Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

“Want ons ken Hom immers? Hy is die seun van die timmerman en ons het Hom die beroep van Sy vader gereeld genoeg gesien uitoefen. Ons weet dat Hy nooit skole besoek het nie; ook kon ons onsself nouliks herinner of Hy ooit per geleentheid wel net die boek ter hande geneem en daarin gelees het nie. Hy was tot op daardie oomblik `n gewone handwerker, en kyk, nou is Hy leraar en Sy leer is stigtelik en vol diepsinnige wysheid, ofskoon die timmerman origsins nog duidelik in Hom te herken is. Hoe lank was dit eintlik gelede dat Hy saam met Sy broers `n eselstal vir ons gebou het? Kyk maar net na Sy vereelte timmermanshande, en kyk, nou is Hy leraar en selfs profeet, sonder om die profeteskool van die Essene ooit van binne te gesien het. Hoe moet ons dit nou opneem?”   – Skriftekste, Hoofstuk 8, Paragraaf 11

Desktop Kommentaar