Skriftekste |
“Hy gaan na Pilatus en vra vir die liggaam van Jesus.” (Lukas 23:52) (2 Januarie 1844 se aand) [7.1] Weer word jy ook hier die vrye keuse gelaat om so `n sentraalson uit die boek van die lewe te kwoteer; kies dus `n teks. [7.2] “Hy gaan na Pilatus en vra vir die liggaam van Jesus.” [7.3] Jy het die teks gekies; Ek kan dit ook nie help dat jy juis tekste kies, wat reëlreg op ons saak van toepassing is nie. [7.4] Josef van Arimatea het na Pilatus gegaan en gevra vir die liggaam van die Heer. Pilatus het dit ook vir hom gegee. [7.5] Hierdie Josef van Arimatea was `n vriend van Nikodemus en het dit meer in die naam van sy vriend gedoen, wat goed bekend gestaan het, as in sy eie naam. Want Nikodemus was in die geheim `n groot vereerder van Christus, maar uit vrees vir die hoëpriesters en die fariseërs durf hy dit nie heeltemal openlik doen nie; daarom het hy dit aan sy vriend oorgedra wat eweneens, ook in die diepste geheim, `n groot vriend van Christus was. Hierdie kort verklaring was noodsaaklik om dit wat volg, beter te begryp. |
Desktop Kommentaar | |