Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

“Hy gaan na Pilatus en vra vir die liggaam van Jesus.” (Lukas 23:52) 

(2 Januarie 1844 se aand)

[7.1] Weer word jy ook hier die vrye keuse gelaat om so `n sentraalson uit die boek van die lewe te kwoteer; kies dus `n teks. 

[7.2] “Hy gaan na Pilatus en vra vir die liggaam van Jesus.” 

[7.3] Jy het die teks gekies; Ek kan dit ook nie help dat jy juis tekste kies, wat reëlreg op ons saak van toepassing is nie. 

[7.4] Josef van Arimatea het na Pilatus gegaan en gevra vir die liggaam van die Heer. Pilatus het dit ook vir hom gegee.  

[7.5] Hierdie Josef van Arimatea was `n vriend van Nikodemus en het dit meer in die naam van sy vriend gedoen, wat goed bekend gestaan het, as in sy eie naam. Want Nikodemus was in die geheim `n groot vereerder van Christus, maar uit vrees vir die hoëpriesters en die fariseërs durf hy dit nie heeltemal openlik doen nie; daarom het hy dit aan sy vriend oorgedra wat eweneens, ook in die diepste geheim, `n groot vriend van Christus was. Hierdie kort verklaring was noodsaaklik om dit wat volg, beter te begryp.  

[7.6] Hoe is hierdie teks, en verseker die klein voorval, op ons saak van toepassing. 

[7.7] Stel vir jou onder Nikodemus die verborge liefde vir die Heer voor en onder Josef van Arimatea die geloof in die Heer. 

[7.8] Wat is die geloof met betrekking tot die liefde? Dit is die handlanger daarvan. So was ook Josef van Arimatea die handlanger van Nikodemus, wat die Heer in die geheim liefgehad het.  

[7.9] Wat het die geloof van Pilatus verlang? Hy het die liggaam van die Heer verlang. Toe hy Hom van die kruis geneem het, het hy Hom in wit linne gewikkel, nadat hy dit met kosbare speserye gesalf het en het Hom daarna in sy eie tuin gelê in `n pas uitgekapte rotsgraf waarin niemand nog ooit gelê het nie.  

[7.10] Wat beteken dit alles? Dit alles staan vir die weetgierigheid van die geloof wat bevredig wil word. Hierdie op sigself edele weetgierigheid soek al die denkbare op om dan `n lewendige bevrediging daarin te vind.  

[7.11] Sy het na Pilatus gegaan en toestemming gevra; dit wil sê: Die weetgierigheid gaan na die wêreld en probeer daar soveel moontlik te vind, wat haar tot bevestiging van die waarheid kan dien. 

Desktop Kommentaar