Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

[6.25] Daarom hoef Ek ook nie aan julle te sê: “Raak My nie aan nie!” Maar aan julle sê Ek nog nadrukliker as aan Thomas: “Plaas nie net jou hand in My litteken nie, maar plaas jou oë, ore, hande en voete in My hele skepping, in al My hemele en in al My aan jul e onthulde wonders van die ewige lewe, en glo dat Ek die Een is, Wie dit aan julle gee! En Ek verlang daarom niks anders as dat julle My liefhet nie. 

[6.26] Maar dan sien Ek altyd nog die Petrus aan die oewer van die meer in julle, aan wie Ek steeds moet vra: “Petrus, het jy My lief?” Want in die geloof is julle wel Petrusse, maar nog lank geen Magdalenas en geen Johannesse, aan wie Ek ook nie gevra of hy My liefhet nie; want Ek het goed geweet waarom hy My gevolg het, hoewel Ek nie aan hom, soos aan Petrus, gesê het nie: “Volg My!”   

[6.27] Petrus het My gevolg, omdat Ek vir hom gesê het om My te volg; maar Johannes het My gevolg, omdat sy hart hom daartoe gedryf het. Wat sou nou beter gewees het?  

[6.28] Petrus het jaloers geword op Johannes, omdat hy hom geringer geag het as homself; Johannes was egter deur My verdedig waardeur tegelykertyd bevestig word dat hy sou bly en dit is meer as die “Volg My!” Want dit is beter dat Ek aan iemand sê: “Bly soos jy is”, as dat Ek hom moet gebied om My te volg. 

[6.29] So is ook die ware, daadkragtige liefde beter as geloof, sien en aanbid en ook beter as om baie oor My te lees, baie te begryp, maar daarenteen weinig lief te hê! 

[6.30] Ek dink dat dit ook weer duidelik sal wees; maar die volgende keer tog nog meer sentraalsonne!

Desktop Kommentaar