Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

[5.11] Die enigste wat Ek van julle verlang is slegs die liefde en die handeling daarvolgens. As julle egter maar net lees, in plaas van om die ware lewende liefdeswerke uit te voer en maar net doen wat julle wêreldse sin bevredig, dan vra Ek: Gee jul e My nie asyn met gal, in plaas van lewende water nie? Ek sê vir julle: Hoe meer julle by mekaar lees en niks anders doen as om jul e wêreldse sin te bevredig nie, des te suurder sal die asyn en des te bitterder die gal wees. 

[5.12] Daar staan dan wel: “Dit is volbring!” Maar wat? My eie stryd vir julle; want meer kon Ek, as julle Skepper, God en Heer en die ewige Lewe Self, nie doen as om julle dood op My te neem nie. 

[5.13] Dat Ek in My ewige gees egter nie gedood kan word nie, benodig geen verdere verklaring nie. Slegs die stryd vir julle lewe kan Ek tot die uiterste voortsit. Maar omdat julle self eindigend is, moet hierdie stryd ook die hoogs moontlike doel hê. Is dié doel bereik, dan is die stryd van My uit beskou, volbring, - maar dalk ewenwel ook vir julle, wat My, wie vir julle lewe gestry het, uit dankbaarheid, in plaas van lewende liefdewater, slegs asyn met gal aangegee het. 

[5.14] Dit is weliswaar volbring; maar nie vir julle nie, dog helaas slegs vir Myself, oftewel: Ek het alles vir julle gedoen wat ook maar in die goddelike mag lê; daarom het Ek My werk terwille van jul e volbring. Maar handel julle ook daarvolgens, asof dié werk in julle volbring sou wees? 

[5.15] O ja, jul e lees en skryf ywerig en julle praat ook graag met mekaar oor My; maar as Ek sê: “Wy slegs `n volle uur per dag aan My, in plaas van om julle tyd te bestee aan wêreldse gedagtes en genoegsaamheid; heilig daardie uur daarvoor, dat julle met niks anders in julle hart besig sal wees as met My nie!”, O, honderd besware sal julle hê en honderd wêreldse gedagtes sal soos `n warrelwind om één enkele swak geestelike gedagte heen draai. 

[5.16] Allerlei wêreldse oorwegings sal dan in julle opkom en as iemand dan tog sou besluit om so `n uur aan My te wy, dan sal hulle hulleself sekerlik nie so erg daaroor verheug nie, maar eerder `n enigsins onbehaaglike teensin ondervind daarby en die minute met ongeduld aftel en na die einde van die aan My gewyde uurtjie uitsien.   

[5.17] En as daar ook maar een of ander onbelangrike wêreldse beslommernis tussenin kom, word daardie uurtjie heeltemal geskrap of na `n tydstip verskuif waarop hulle gewoonlik die weldadige slaap aankondig en waarop, veral by die vroulike geslag, geen aangename besoek meer te verwag is nie, en mens geen verkwikkende wandeling meer kan maak nie. 

[5.18] Kyk, dit is nou alles asyn en gal. Dit is nie in julle volbring nie, wanneer Ek in My oneindige liefde al die denkbare doen om julle op die regte lewensweg te bring; want om dit in julleself te volbring, moet elkeen homself uit ware liefde tot My verloën, sy kruis opneem en My getrou navolg. 

[5.19] Maar wie doen dit? Sommige vroue kan wel die hele dag vir hul eself kleding aanmekaarwerk en stik en hulle kan hulle mooi maak en hulle baie verheug oor die een of ander besoek; maar as Ek sou sê: “Bly tuis in jou kamer en dink in jou hart aan My”, word sy verdrietig, trek `n lang gesig en sê: “Ons het ook nooit iets aangenaam op hierdie wêreld nie!” 

[5.20] Vraag: Is dit nie asyn en gal, as jy dit so hoor nie? Heg sulke vroue in hulle harte nie meer aan onbenullige wêreldse plesier as aan My nie? Het sulke mense dit ook in hulleself volbring, soos wat Ek die groot stryd vir hulle aan die kruis volbring het?  

[5.21] Gee vir hulle mooi boekies met allerlei verhaaltjies wat, wat My betref, ook op My betrekking mag hê; hulle sal dit heel graag lees, veral as daar so nou en dan van `n romantiese huwelik sprake is of as wonderbaarlike sprokies daarin voorkom. Gee hulle egter `n ietwat ernstiger boekie en hulle sal dit met eweveel sin lees as wat `n verwende hond `n droë broodkrummel eet, wat hy hoogstens besnuffel, maar dan baie gou met die stert tussen die bene en hangende ore wegloop. 

[5.22] Omdat die doen egter nog altyd iets ernstiger is as om maar net die mees ernstige boek te lees, kan mens maklik begryp hoeveel moeite die doen daarvan sal kos. 

[5.23] Baie mense luister graag na goeie musiek van kunstenaars; maar hoe weinig van hulle wil soveel selfverloëning aan die dag lê om deur `n inspannende studie self kunstenaar te word? 

[5.24] Luister is maklik en lees nie moeilik nie, netso maklik is die toekyk; maar die selfdoen het vir niemand `n groot aantrekkingskrag nie. Watter nut het iemand aan kennis as hy dit nie toepas nie.   

[5.25] Kyk, dit is alles asyn met gal en volbring niks nie! Wel in My, want daarvoor het Ek aan elkeen al die denkbare gegee, maar nie in die mens wat dit nie as sodanig en vir die doel waarvoor Ek dit vir hom gegee het, wil gebruik nie. 

[5.26] Luister daarom nie net na die Woord nie, maar handel ook daarvolgens. Want slegs deur te handel, kan jy My dors les met die lewende water van die liefde, anders gee jy My altyd asyn en gal. 

[5.27] Ek dink dat dit ook duidelik sal wees; die volgende keer ewenwel nog meer sentraalsonne!

Desktop Kommentaar