Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

“Ek het dors!” “Dit is volbring!” (Johannes 19:28 en 30) 

(28 Desember 1843 se aand)

[5.1] Omdat jy uiteindelik nie kan sê dat nie elke teks `n sentraalson is nie, maar slegs die, welke Ekself hier aangee, moet jy daarom nou self `n willekeurige teks kies. Ons sal dan sien of die kern daarvan die geestesoog nie netso helder verlig soos `n sentraalson nie. Kies dus! 

[5.2] Jy het die twee klein tekste geneem: “Ek het dors!” en “Dit is volbring!” 

[5.3] Voordat ons dit van naderby toelig, verseker Ek jul e, dat Ek die keuse volkome vry gelaat het; anders sou jy ten slotte kon sê dat Ek presies dit ingegee het wat Ek kan gebruik. En nou eers gaan ons oor tot die hoofsaak. 

[5.4] “Ek het dors!” Waarna? Na die liefde wat die wêreld nie het nie, soos hulle My ook slegs asyn en gal gegee het om My dors te les, in plaas van die lewegewende water, en dit doen die mens tot nou toe nog steeds. 

[5.5] “Ek het dors!” Waarna? Na die lewe wat Ek van ewigheid aan Self is en wat Ek vanaf die oerbegin in so `n ryklike hoeveelheid aan tallose wesens verspil het! 

[5.6] Dit is dus die lewe waarna Ek dorstig is. Ontelbare male het dié lewe in die dood oorgegaan. Ek het gekom om dit aan die dood te ontruk. Daarom het Ek op die oomblik van die groot verlossing so `n groot dors na daardie verkwiste lewe gehad; maar die dood het sodanig die oorhand gehad, dat die ewig lewende bloed van die Liefde hom nie kon opwek nie.  

[5.7] Toe Ek verlang het om die lewe te drink, het die mens My nie die lewe gegee nie, maar die mens het My die dood gegee om te drink. Dit was asyn en gal; asyn as simbool van die sametrekkende en verhardende, en gal as asyn van haat, toorn en gramskap. 

[5.8] Dié beeld is helder en duidelik beskryf en ons sal sien of ons dit verder kan gebruik. 

[5.9] Daarom roep Ek voortdurend aan elkeen, netsoos aan julle: “Ek het dors!”, of wat dieselfde is: “Het My lief, gee My jou liefde te drink! Het God bo alles lief en jou naaste soos jouself. Dit is die water van die lewe in julle waarna Ek dorstig is.”  

[5.10] Ek vra julle: Gee julle My wel dié water? Of is dit ook asyn en gal wat julle My aangee? 

[5.11] Die enigste wat Ek van julle verlang is slegs die liefde en die handeling daarvolgens. As julle egter maar net lees, in plaas van om die ware lewende liefdeswerke uit te voer en maar net doen wat julle wêreldse sin bevredig, dan vra Ek: Gee jul e My nie asyn met gal, in plaas van lewende water nie? Ek sê vir julle: Hoe meer julle by mekaar lees en niks anders doen as om jul e wêreldse sin te bevredig nie, des te suurder sal die asyn en des te bitterder die gal wees. 

[5.12] Daar staan dan wel: “Dit is volbring!” Maar wat? My eie stryd vir julle; want meer kon Ek, as julle Skepper, God en Heer en die ewige Lewe Self, nie doen as om julle dood op My te neem nie. 

[5.13] Dat Ek in My ewige gees egter nie gedood kan word nie, benodig geen verdere verklaring nie. Slegs die stryd vir julle lewe kan Ek tot die uiterste voortsit. Maar omdat julle self eindigend is, moet hierdie stryd ook die hoogs moontlike doel hê. Is dié doel bereik, dan is die stryd van My uit beskou, volbring, - maar dalk ewenwel ook vir julle, wat My, wie vir julle lewe gestry het, uit dankbaarheid, in plaas van lewende liefdewater, slegs asyn met gal aangegee het. 

[5.14] Dit is weliswaar volbring; maar nie vir julle nie, dog helaas slegs vir Myself, oftewel: Ek het alles vir julle gedoen wat ook maar in die goddelike mag lê; daarom het Ek My werk terwille van jul e volbring. Maar handel julle ook daarvolgens, asof dié werk in julle volbring sou wees? 

[5.15] O ja, jul e lees en skryf ywerig en julle praat ook graag met mekaar oor My; maar as Ek sê: “Wy slegs `n volle uur per dag aan My, in plaas van om julle tyd te bestee aan wêreldse gedagtes en genoegsaamheid; heilig daardie uur daarvoor, dat julle met niks anders in julle hart besig sal wees as met My nie!”, O, honderd besware sal julle hê en honderd wêreldse gedagtes sal soos `n warrelwind om één enkele swak geestelike gedagte heen draai. 

Desktop Kommentaar