Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

[3.7] Ek dink dat dit wel so duidelik is soos `n sentrale son! Iemand wat geen vae benul het van enige geestelike voorbereiding nie, moet wel ten gronde gaan as hy die geestelike winde en die geestelike stortreëns oor hom heen laat kom, omdat dit van hom `n stewige gebou oftewel `n standvastige, geestelik wyse man sal maak. 

[3.8] Gee `n geheel of tenminste half-wêreldse mens die Bybel in die hand en sê aan hom: “Vriend! Lees vlytig hierin en jy sal vind wat jou ontbreek: `n Verborge skat waarna jy altyd gevra het, bestaande uit goud, silwer en edelstene, die volkome lewe vir jou siel.” Na hierdie raad sal hy dadelik `n Bybel vir hom aanskaf en dit baie aandagtig lees. 

[3.9] Maar hoe gretiger en opmerksamer hy dit sal lees, op des te meer uiterlike teenspraak sal hy stuit en sê: “Vriend, ek het die boek wat deur jou aangeraai is, nou al wel ses- of sewemaal deurgelees, maar hoe beter en oplettender ek dit lees, op des te meer teenspraak en onsin stuit ek. Wat moet ek eintlik met al die niksseggende en wat met die misterieuse profesieë maak, wat eweveel verband met mekaar blyk te hê as die Andes in Amerika met die Himalaja in Asië?  

[3.10] Dat beide gebergtes hulle op een en dieselfde aarde bevind, is duidelik; so staan ook soortgelyke profesieë in een en dieselfde boek, dit is ook duidelik. Maar hoe sulke profesieë op `n manier wat sin maak met mekaar saamhang, of hoe die Andes, eindelik via die middelpunt van die aarde, met die Himalaja in Asië `n verband het, dit sal `n aardse natuurondersoeker moeilik kan vasstel, solank hy nog bang is vir vuur, en die baie water van die see `n te magtige lesser is vir sy geringe dors. 

Desktop Kommentaar