Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

Ek kan jou sê, beste vriend en broeder, toe ek die boek die eerste keer deurgelees het, het ek ernstig gedink dat daar tog een of ander wysheid daarin verborge lê. Maar hoe deegliker en kritieser ek dit daarna weer deurgelees het, hoe meer het ek tot die oortuiging gekom dat die hele boek niks anders is as `n ryk gevulde skatkamer met die grootste niksseggende idees. Afgesien van enkele praktiese ou wyshede, volg die een onsinnigheid op die ander en afgesien van enkele skaars diepsinnige spreuke, wat ook al nie bepaald van die allersuiwerste goud is nie, is die boek vanweë sy misterieuse inhoud baie geskik om die domheid van die mense nog eeue lank in stand te hou.  – Skriftekste, Hoofstuk 3, Paragraaf 11

Desktop Kommentaar