Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

Die gelykenis van die wyse en die dwase boumeester en sy betekenis. (Mattheüs 7:24 27) 

(22 Desember 1843 se aand)

[3.1] In die Nuwe Testament is daar `n gelykenis van `n wyse en `n dwase boumeester, en dit lui as volg: Die een bou sy huis op `n rots en die ander op los sand. Daar steek `n storm op en dit stortreën. Die huis op die rots trotseer beide, maar die huis op die sand gaan verlore. 

[3.2] Wie hierdie gelykenis slegs oppervlakkig beskou, moet al dadelik op die eerste oogopslag twee sentraalsonne sien.  

[3.3] Na wie lyk die wyse man? Sekerlik na hom wat vir hom vooraf `n stewige ondergrond besorg het met die twee bekende gebooie. As daar dan storms en hewige reëns kom, kan dit hom nie net geen skade berokken het nie, maar maak hy sy huis op die rots selfs nog stewiger, want die winde droog die gemesselde mure van die huis uit en laat dit verlang na vog. Die reën word dan deur die droë mure van die huis opgesuig en los klein deeltjies in die voeë op, die word dan klewerig en maak by baie herhalings van dié proses die messelwerk steeds stewiger.  

[3.4] Praktyk voorbeelde van hierdie waarheid kan jy vind by alle, baie eeue ou ruïnes van `n kasteel; en as daar net een êrens afgebreek moet word, dan is dit makliker om nuwe gemesselde stene af te breek, as dergelike ou messelwerk. Dit kom deur die oplossende vermoë van die reën wat bepaalde bestanddele van die steen in `n klewerige kalkklei verander en so met verloop van tyd die hele messelwerk tot één vaste geheel verbind. 

[3.5] Kyk, so is dit nou ook gesteld met die mens wat deur die wette van die liefde opgewek is! Hy is `n gebou wat op `n rots staan. Die winde wat om die gebou waai en dit uitdroog en dorstig maak, is die edele verlange om die Skepper van alle dinge steeds meer en meer te leer ken om dan, dit wetende, in liefde tot Hom te kan groei. Die stromende stortreëns is die boekwerke wat die dorstige te lees kry. Begerig neem hy dit in homself op en merk daarna steeds hoe, deur hulle invloed, die nog leë, nie met mekaar verbonde klowe in hom, langsamerhand opgevul word en `n vaste geheel vorm. Hoe meer die stortreëns op die gebou neerval, des te stewiger word dit.  

[3.6] Maar wat `n heel ander uitwerking het die wind en stortreën op die gebou wat daar benede op los sand gebou word. As die winde kom en daar teen daardie losstaande gebou waai en dit laat skud en as die water dan kom wat deur die stortreën teweeggebring word, beteken dit die einde van die gebou. Die winde blaas die mure, wat vanweë die slegte ondergrond al vol skeure en barste sit, onderstebo; die water trek die hele gebou maklik omver en spoel dit na een of ander nabygeleë stroom, waar dit volledig ten gronde gaan. 

Desktop Kommentaar