Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

Die gelykenis van die wyse en die dwase boumeester en sy betekenis. (Mattheüs 7:24 27) 

(22 Desember 1843 se aand)

[3.1] In die Nuwe Testament is daar `n gelykenis van `n wyse en `n dwase boumeester, en dit lui as volg: Die een bou sy huis op `n rots en die ander op los sand. Daar steek `n storm op en dit stortreën. Die huis op die rots trotseer beide, maar die huis op die sand gaan verlore. 

[3.2] Wie hierdie gelykenis slegs oppervlakkig beskou, moet al dadelik op die eerste oogopslag twee sentraalsonne sien.  

[3.3] Na wie lyk die wyse man? Sekerlik na hom wat vir hom vooraf `n stewige ondergrond besorg het met die twee bekende gebooie. As daar dan storms en hewige reëns kom, kan dit hom nie net geen skade berokken het nie, maar maak hy sy huis op die rots selfs nog stewiger, want die winde droog die gemesselde mure van die huis uit en laat dit verlang na vog. Die reën word dan deur die droë mure van die huis opgesuig en los klein deeltjies in die voeë op, die word dan klewerig en maak by baie herhalings van dié proses die messelwerk steeds stewiger.  

[3.4] Praktyk voorbeelde van hierdie waarheid kan jy vind by alle, baie eeue ou ruïnes van `n kasteel; en as daar net een êrens afgebreek moet word, dan is dit makliker om nuwe gemesselde stene af te breek, as dergelike ou messelwerk. Dit kom deur die oplossende vermoë van die reën wat bepaalde bestanddele van die steen in `n klewerige kalkklei verander en so met verloop van tyd die hele messelwerk tot één vaste geheel verbind. 

[3.5] Kyk, so is dit nou ook gesteld met die mens wat deur die wette van die liefde opgewek is! Hy is `n gebou wat op `n rots staan. Die winde wat om die gebou waai en dit uitdroog en dorstig maak, is die edele verlange om die Skepper van alle dinge steeds meer en meer te leer ken om dan, dit wetende, in liefde tot Hom te kan groei. Die stromende stortreëns is die boekwerke wat die dorstige te lees kry. Begerig neem hy dit in homself op en merk daarna steeds hoe, deur hulle invloed, die nog leë, nie met mekaar verbonde klowe in hom, langsamerhand opgevul word en `n vaste geheel vorm. Hoe meer die stortreëns op die gebou neerval, des te stewiger word dit.  

[3.6] Maar wat `n heel ander uitwerking het die wind en stortreën op die gebou wat daar benede op los sand gebou word. As die winde kom en daar teen daardie losstaande gebou waai en dit laat skud en as die water dan kom wat deur die stortreën teweeggebring word, beteken dit die einde van die gebou. Die winde blaas die mure, wat vanweë die slegte ondergrond al vol skeure en barste sit, onderstebo; die water trek die hele gebou maklik omver en spoel dit na een of ander nabygeleë stroom, waar dit volledig ten gronde gaan. 

[3.7] Ek dink dat dit wel so duidelik is soos `n sentrale son! Iemand wat geen vae benul het van enige geestelike voorbereiding nie, moet wel ten gronde gaan as hy die geestelike winde en die geestelike stortreëns oor hom heen laat kom, omdat dit van hom `n stewige gebou oftewel `n standvastige, geestelik wyse man sal maak. 

[3.8] Gee `n geheel of tenminste half-wêreldse mens die Bybel in die hand en sê aan hom: “Vriend! Lees vlytig hierin en jy sal vind wat jou ontbreek: `n Verborge skat waarna jy altyd gevra het, bestaande uit goud, silwer en edelstene, die volkome lewe vir jou siel.” Na hierdie raad sal hy dadelik `n Bybel vir hom aanskaf en dit baie aandagtig lees. 

[3.9] Maar hoe gretiger en opmerksamer hy dit sal lees, op des te meer uiterlike teenspraak sal hy stuit en sê: “Vriend, ek het die boek wat deur jou aangeraai is, nou al wel ses- of sewemaal deurgelees, maar hoe beter en oplettender ek dit lees, op des te meer teenspraak en onsin stuit ek. Wat moet ek eintlik met al die niksseggende en wat met die misterieuse profesieë maak, wat eweveel verband met mekaar blyk te hê as die Andes in Amerika met die Himalaja in Asië?  

[3.10] Dat beide gebergtes hulle op een en dieselfde aarde bevind, is duidelik; so staan ook soortgelyke profesieë in een en dieselfde boek, dit is ook duidelik. Maar hoe sulke profesieë op `n manier wat sin maak met mekaar saamhang, of hoe die Andes, eindelik via die middelpunt van die aarde, met die Himalaja in Asië `n verband het, dit sal `n aardse natuurondersoeker moeilik kan vasstel, solank hy nog bang is vir vuur, en die baie water van die see `n te magtige lesser is vir sy geringe dors. 

[3.11] Ek kan jou sê, beste vriend en broeder, toe ek die boek die eerste keer deurgelees het, het ek ernstig gedink dat daar tog een of ander wysheid daarin verborge lê. Maar hoe deegliker en kritieser ek dit daarna weer deurgelees het, hoe meer het ek tot die oortuiging gekom dat die hele boek niks anders is as `n ryk gevulde skatkamer met die grootste niksseggende idees. Afgesien van enkele praktiese ou wyshede, volg die een onsinnigheid op die ander en afgesien van enkele skaars diepsinnige spreuke, wat ook al nie bepaald van die allersuiwerste goud is nie, is die boek vanweë sy misterieuse inhoud baie geskik om die domheid van die mense nog eeue lank in stand te hou. 

[3.12] Uit hierdie redenering kan jul e duidelik aflei welke effek die wind en die stortreëns uit die Bybel op ons wêreldse gebou op sand gehad het. Is so `n op sand geboude mens egter eenmaal verniel, dan mag diegene wat dit wil, hom weer saamraap: Ek en al My engele beskou so `n taak as één van die allermoeilikste, en dit is makliker om tienduisend mense uit alle steë en strate vir die groot gastemaal van die Lewe binne te bring, as één so `n mens wat met die lees van die Bybel, `n soort koeihandel dryf. 

[3.13] Soos dit gaan met die lees van die Bybel, so is dit ook gesteld met die lees van verklarings van haar diepere geestelike betekenisse. Want elkeen sal sê: “As dit die betekenis is, waarom is dit dan nie so geskryf nie?” 

Desktop Kommentaar