Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

[2.8] Vir die bewerking van die geestelike bodem het die mens nie meer nodig as die twee gebooie van die liefde nie; hiermee kan hy sy geestelike akker maklik bewerk. As dit gebeur het, dan kan elkeen net soveel in hierdie akker saai as wat hy kan en wil; oftewel hy kan soveel goeie lektuur in hom opneem, as wat hy maar kan bemagtig - die hele Heilige Skrif en alle bybehorende toeligtings, en hy sal niks daarvan in hom opneem wat nie `n ryk oes vir hom sal oplewer nie.  

[2.9] Want die verskil tussen onvrugbaar en vrugbaar lees bestaan hierin: 

[2.10] As iemand hom byvoorbeeld slegs deur lees sou wil ontwikkel en opwek, dan lyk die werkwyse presies soos die van iemand wat sy saad op `n ongeploegde en onbemeste akker uitstrooi. Sou die voëls dan nie gou daarop neerstryk en die saad binne `n kort tydjie grotendeels oppik nie? En sal die gedeelte wat tussen die onkruid val, nie spoedig daardeur verstik word nie, sodat daar by die oes geen enkele graankorrel in die halms te herken is nie? 

[2.11] Maar as die saaier of leser geen resultaat van sy arbeid sien nie, sal hy dan nie mismoedig word en die akker en al die gesaaide graan wat hom geen opbrengs gee, ten slotte verwens nie?! 

[2.12] In gewone taal: Sulke mense word dan ongelowig, val van die goeie saak af en beskou dit uiteindelik as suiwer bedrog.  

[2.13] Maar dit is baie anders as iemand al sy gees voor dit lewend gemaak het deur die ware liefde tot My en die naaste, of beter gesê, vanuit My vry geraak het en so sy akker goed bemes en geploeg het; hy lees dan die geskrifte van My genade en erbarming, nie omdat dit hom eers tot `n goeie akker sal omvorm nie, maar hy lees dit terwille van My, omdat Ek in sy gees die verlange gewek het om My steeds meer van aangesig tot aangesig te aanskou en daardeur moontlikerwys meer en meer in liefde tot My en daardeur tot die naaste te groei. 

Desktop Kommentaar