Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

[2.5] Maar Ek vra jou: As die boer die hele akker saai met goeie graan en die akker hom `n honderdvoudige oes oplewer, waarvan `n tiende deel genoeg is vir sy eie onderhoud, sal die oortollige nege-tiende deel hom dan skaad? Sekerlik nie! Want die helfte van die oorvloed kan hy verdeel onder behoeftige mense, wat hom baie dankbaar sal wees daarvoor en die ander helfte kan hy na die mark bring. En omdat dit goeie graan is, sal hy baie kopers vind wat `n gunstige prys daarvoor wil betaal, en die verdiende geld kan hy dan gebruik vir sy verdere bedryfsuitgawes en hy sal daardeur `n geagte en ryk boer word.  

[2.6] Wel, uit dié voorbeeld blyk duidelik, dat as iemand `n goeie akker besit en daarnaas oor baie en goeie saad beskik, hy nie suinig moet wees met die saai nie. Want wie ryklik saai, sal ook ryklik oes, maar wie suinig saai, sal suinig oes. En wat is nou daarvoor nodig? As die grond van die akker goed bewerk is, kan jy baie graan daarop saai en geen korrel sal in die goeie aarde verlore gaan nie, maar sal tot `n ryk aar uitgroei.  

[2.7] Netso is dit met hierdie aangeleentheid, wat betref die geestelike saai van die woord, deur middel van die lees. 

[2.8] Vir die bewerking van die geestelike bodem het die mens nie meer nodig as die twee gebooie van die liefde nie; hiermee kan hy sy geestelike akker maklik bewerk. As dit gebeur het, dan kan elkeen net soveel in hierdie akker saai as wat hy kan en wil; oftewel hy kan soveel goeie lektuur in hom opneem, as wat hy maar kan bemagtig - die hele Heilige Skrif en alle bybehorende toeligtings, en hy sal niks daarvan in hom opneem wat nie `n ryk oes vir hom sal oplewer nie.  

[2.9] Want die verskil tussen onvrugbaar en vrugbaar lees bestaan hierin: 

Desktop Kommentaar