Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

[2.17] So staan daar immers ook geskryf: “Want wie het, aan hom sal gegee word en hy sal oorvloed hê; wie egter nie het nie, van hom sal ontneem word, selfs wat hy het!” (Mattheüs 13:12) Met “het” word hier bedoel: In die besit wees van `n goeie, bemeste en geploegde akker, of self `n volkome houer wees vol van die ware goudtinktuur, wat bestaan uit `n vrye, lewende gees. Met “nie het” word egter bedoel: Om saad op `n onbewerkte akker te saai, waardeur die saaier nie net geen oes kan verwag nie, maar ook die saad verloor wat hy gesaai het; of dit beteken ook: In homself `n poel met bytende swaelsuur te wees, wat nooit goudtinktuur kan word as mens goud daarin werp nie, terwyl daardie goud bowendien ook nog verlore gaan.  

[2.18] Ek glo dat dit nou goed duidelik is! Wie nog nie die waarheid by die lig van hierdie fakkel kan insien nie, die sal moeilik ooit van sy katarak bevry word. Omdat die blinde mens, soos Ek reeds gesê het, egter nooit `n oorvloed aan lig het nie, wil Ek ook nog by die ligopbrengs van hierdie son, ten slotte die lig van alle sentraalsonne op `n punt konsentreer, omdat in so `n hewige fel lig des te duideliker sigbaar word wie in alle erns volkome blind is! - Hierna derhalwe `n meer aanvullende uitleg.

Desktop Kommentaar