Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

[2.16] Kyk, dit is ook hier die geval! Sowel deur die lees van My woord, as deur die luister daarna, kan elke mens vir homself en vir sy broeders `n onmeetlike wins behaal, as hy dit vooraf deur die nalewing van die twee gebooie in `n goudtinktuur verander het. As dit egter nog `n modderpoel is, dan sal die goudstukke wat daarin gewerp was, al was dit nog soveel, hulle sekerlik nie tot `n goudtinktuur maak nie. 

[2.17] So staan daar immers ook geskryf: “Want wie het, aan hom sal gegee word en hy sal oorvloed hê; wie egter nie het nie, van hom sal ontneem word, selfs wat hy het!” (Mattheüs 13:12) Met “het” word hier bedoel: In die besit wees van `n goeie, bemeste en geploegde akker, of self `n volkome houer wees vol van die ware goudtinktuur, wat bestaan uit `n vrye, lewende gees. Met “nie het” word egter bedoel: Om saad op `n onbewerkte akker te saai, waardeur die saaier nie net geen oes kan verwag nie, maar ook die saad verloor wat hy gesaai het; of dit beteken ook: In homself `n poel met bytende swaelsuur te wees, wat nooit goudtinktuur kan word as mens goud daarin werp nie, terwyl daardie goud bowendien ook nog verlore gaan.  

Desktop Kommentaar