Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

`n Teenwerping en sy weerlegging 

(21 Desember 1843 se aand)

[2.1] Mens sou kon sê: “Dit is volkome waar dat lees alleen ware vrugte afwerp deur daadwerklik na dit wat gelees is, te handel; maar as iemand soveel stof aangebied kry, kan hy dit tog gaandeweg tersyde plaas en slegs soveel daarvan lees as wat hy meen hy in dade kan omsit. 

[2.2] Neem nou net die groot hoeveelheid stof van die Ou- en Nuwe Testament en daarnaas die enorme massa waarheidsgetroue Bybelverklarings! As mens dit alles slegs sou lees om ook daarvolgens te handel, sou mens gedurende sy hele lewe hoogstens `n paar hoofstukke kon deurwerk.” 

[2.3] Ek sê egter: Vanuit dié standpunt gesien, het die teenspreker wel deeglik gelyk; want as mens maar net dit wil lees waarvan mens duidelik oortuig is dat hy dit in dade kan omsit, sou `n paar hoofstukke nog te veel wees! Maar van `n ander kant bekyk, is die stof wat aangebied word, nooit te veel nie en kan die leser alles dadelik in praktyk bring. 

Desktop Kommentaar