Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

`n Teenwerping en sy weerlegging 

(21 Desember 1843 se aand)

[2.1] Mens sou kon sê: “Dit is volkome waar dat lees alleen ware vrugte afwerp deur daadwerklik na dit wat gelees is, te handel; maar as iemand soveel stof aangebied kry, kan hy dit tog gaandeweg tersyde plaas en slegs soveel daarvan lees as wat hy meen hy in dade kan omsit. 

[2.2] Neem nou net die groot hoeveelheid stof van die Ou- en Nuwe Testament en daarnaas die enorme massa waarheidsgetroue Bybelverklarings! As mens dit alles slegs sou lees om ook daarvolgens te handel, sou mens gedurende sy hele lewe hoogstens `n paar hoofstukke kon deurwerk.” 

Desktop Kommentaar