[1.9] Is dit dan nie beter om minder materiaal te besit, maar vir sy gees wel dadelik `n klein respektabele woning daarvan te bou nie, sodat die gees dan oor `n vaste, vrye plek kan beskik van waaruit hy verdere planne kan maak en nuwe aankomende materiaal daarvoor kan gebruik? [1.10] Hoe sou `n akker, ook al bestaan hy uit die vrugbaarste grond, lyk as `n mens derduisende gemengde sade tegelyk deurmekaar daarop uitsaai? Die saad sal goed opkom, maar wat het die saaier daaraan? Die opbrengs sal nouliks as minderwaardige veevoer kan dien. Die sterker plante sal die swakkeres verdring, die onkruid sal welig tier, en die graan sal slegs hier en daar yl en swak tevoorskyn kom.
|