Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

[1.7] So is daar mense wat die Ou- sowel as die Nuwe Testament letterlik uit hulle kop ken. Vra mens hulle egter na die innerlike betekenis van slegs één enkele vers, dan sal hul e byna ewe veel daarvan weet as diegene wat geen enkele vers uit die kop ken en nouliks weet dat daar `n Heilige Skrif bestaan nie. Watter nut het die pragtige materiaal dan vir hulle? 

[1.8] Die gees woon slegs in die geestelike. As daar van dié materiaal, in die innerlike Gees van die Waarheid, nie eens `n skamele hut vir hom gebou kan word nie, waar moet hy dan woon, waar sy rentmeesterskap uitoefen en van waaruit moet hy al die materiaal begin te sorteer? 

[1.9] Is dit dan nie beter om minder materiaal te besit, maar vir sy gees wel dadelik `n klein respektabele woning daarvan te bou nie, sodat die gees dan oor `n vaste, vrye plek kan beskik van waaruit hy verdere planne kan maak en nuwe aankomende materiaal daarvoor kan gebruik? 

Desktop Kommentaar