Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

[1.6] Wat hou die bekentenis in? Dit is niks anders as een en dieselfde weemoedige klag van die gees, wat daarmee wil sê dat hy, ondanks die ontsettende groot hoeveelheid boumateriaal, selfs geen armsalige hut om vry in te woon, gebou gekry het nie.  

[1.7] So is daar mense wat die Ou- sowel as die Nuwe Testament letterlik uit hulle kop ken. Vra mens hulle egter na die innerlike betekenis van slegs één enkele vers, dan sal hul e byna ewe veel daarvan weet as diegene wat geen enkele vers uit die kop ken en nouliks weet dat daar `n Heilige Skrif bestaan nie. Watter nut het die pragtige materiaal dan vir hulle? 

[1.8] Die gees woon slegs in die geestelike. As daar van dié materiaal, in die innerlike Gees van die Waarheid, nie eens `n skamele hut vir hom gebou kan word nie, waar moet hy dan woon, waar sy rentmeesterskap uitoefen en van waaruit moet hy al die materiaal begin te sorteer? 

Desktop Kommentaar