Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

[1.5] As so iemand gedurende sy lewe `n paar duisend boeke gelees het, wat `n chaos moet dit dan ten slotte in sy geheue wees. En in die beste geval sien hy na al daardie baie lees nou eers in dat hy eintlik nog niks weet nie. 

[1.6] Wat hou die bekentenis in? Dit is niks anders as een en dieselfde weemoedige klag van die gees, wat daarmee wil sê dat hy, ondanks die ontsettende groot hoeveelheid boumateriaal, selfs geen armsalige hut om vry in te woon, gebou gekry het nie.  

[1.7] So is daar mense wat die Ou- sowel as die Nuwe Testament letterlik uit hulle kop ken. Vra mens hulle egter na die innerlike betekenis van slegs één enkele vers, dan sal hul e byna ewe veel daarvan weet as diegene wat geen enkele vers uit die kop ken en nouliks weet dat daar `n Heilige Skrif bestaan nie. Watter nut het die pragtige materiaal dan vir hulle? 

Desktop Kommentaar