Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

[1.16] En die argitek sal aan hom sê: “Waarom het jy dan eers al daardie materiaal op die bouterrein laat ophoop, voordat ons `n plan opgestel en die grond uitgegrawe het. As jy die huis nou op hierdie plek wil hê, moet jy eers al daardie materiaal wegruim en die plek heeltemal skoon maak. Dan sal ek terugkom, alles opmeet, die bestek maak, daarna die grond laat uitgrawe en ten slotte ondersoek of die materiaal wel geskik is vir die bou van die huis. 

[1.17] Kyk, uit hierdie gelykenis kan jy al vry duidelik opmaak dat iemand weinig nut het van die baie lees as hy daarby nie in die korrekte volgorde te werk gaan nie.  

[1.18] Wat is hierdie korrekte volgorde nou egter? Mens moet heel eenvoudig elke nuwe lading of besending materiaal vir die bou van die huis dadelik rangskik en eers die volgende lading boumateriaal bestel as hy die eerste verwerk het. Op hierdie manier sal die bou vinnig vorder en sal daar steeds voldoende vrye ruimte wees om `n werkbare hoeveelheid nuwe boumateriaal ordelik te stoor. 

Desktop Kommentaar