Help

jakob-lorber.cc

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Resultate 0 - 20 van 12022

[HG 1.1.8] Vir die dobbelaars sê, dat hulle eers hulle lewe en daarna ook alles, wat aan hulle daarvoor gegee was, verspeel. Want dobbel is ‘n put vol van giftige afval; die dobbelaars glo egter, dat dit ‘n verborge bron van goud is. Daarom woel hulle daagliks daarin, slurp die pesasem in die neusgate op, word deur en deur vergiftig en vind in plek van die vermeende goud, die ewige dood van die gees.

[HG 1.2.3] Die armes moet nie bedel voor die deure van die rykes nie, waar hulle die lot van vreemde honde sal ervaar en hulle hart in treur en bitterheid omskep word, - maar hulle moet net in vaste vertroue na My toe kom, en Ek sal hulle almal verkwik. Die wat honger is, wil Ek kos gee, die wat dors is, wil Ek iets gee om te drink, die wat naak is, beklee, die siekes gesond maak; die wat lam is, sal spring soos ‘n takbok, die melaatse sal gereinig word, die blindes siende, die dowes horende, en die swakkes wil Ek sterker maak as ‘n leeu; die angstige sal moediger word as ‘n manlike vul, en die oues sal rus vind. Die wat arm is, is My naaste broers; Ek sorg vir hulle. Daarom moet hy hom nie deur die honde laat ontheilig nie; want die rykes van die wêreld is broers van Satan en kinders van die duiwels uit die hel.

[HG 1.2.5] My kerk op aarde is ‘n reinigingsbad; wie hom gewas het, die kom na My, sodat Ek hom met die warmte van My liefde kan afdroog en vir hom behou. Maar wie net vreugde het, om te spat en te speel, met hom sal dit gaan soos die wiel van ‘n watermeul, wat nooit uit die water kom nie.

[HG 1.2.8] Vir die wêreld is Ek maar ‘n klein held, wat vir niks gehou word nie. Die geleerdes kyk skaars nog oor die skouer vir My en laat vir My byna nie meer die naam van ‘n eerlike mens toekom nie. Maar sommiges het reeds geheel en al van My afskeid geneem; vir hulle is Ek dus glad nie meer daar nie. Sommiges laat vir My, vir net ‘n kort tydjie, nog enkele goddelike trekke oor, maar dan laat hulle hulleself van die wêreldwyses oor iets beter onderrig. Ek word dan onmiddelik as infaam beskou en geld hoogstens nog as ‘n God vir ou vroue. By sommiges van My dienaars en knegte wat groot wil wees, dien Ek net nog as ‘n openbare ampseël en as uiterlike, godagtige omsluiting van hul swart onsinnighede en hul growwe, duister dwaas- en domheid. Sommiges laat My wel nog in My Godheid vassteek; maar daarvoor moet Ek ‘n tydelike voordeel vir hulle, van wat hulle wil, van My laat maak en wat nog die heel ergste is: Ek moet ‘n bare onding wees! Liefde en barmhartigheid mag Ek net vir so lank hê, as wat dit vir hulle nodig is; maar dan moet Ek weer meer onverbiddelik word as ‘n klip en moet My self laat omskep in die skandelikste tiran! Ek moet van een regterstoel na die ander spring en een verdoemingsoordeel na die ander uitspreek; My liefde mag net tydelik wees, maar My tirany en die daarmee verbonde uiters skerp regteramp, moet vir ewig aanhou! O, die ongehoorde narre! My onbeperkte lankmoedigheid, sagmoedigheid, nederigheid en ewige liefde vir My skepsels, deug natuurlik nie vir hulle selfsugtige doen en lates nie; maar daar sal binnekort ‘n streep deur hulle rekening gemaak word! Hulle rekeninge lê voor My, en die maatbeker van dade het, behalwe vir een, vol geword, en die vergoeding wag vir hulle.

[HG 1.2.10] Maar dit sê Ek nou: dat Ek is die allenige, ewige God in My drie-enige natuur as Vader volgens My Goddelikheid, as Seun volgens My volmaakte menslikheid en as Gees volgens alle lewe, werke en insigte. Ek is van ewigheid die liefde en die wysheid self. Nooit het Ek iets van enige iemand ontvang nie. Alles, wat daar is, is van My, en wie iets het, die het dit van My. Hoe is Ek dan ‘n tiran en ‘n spreker van verdoemingsoordele?! O julle dwase! Ek het vir julle lief; julle verag My. Ek is julle Vader; Julle maak van My ‘n doodsregter. Waar Ek seën, daar vloek julle; waar Ek bou, daar breek julle af; wat Ek oprig, dit buig julle; waar Ek saai, daar lei julle versmorende vloede daaroor; julle is in alles teen My. Sou Ek wees, soos julle sê Ek is, - waarlik, Ek sê vir julle, die aarde sou lank nie meer bestaan het nie, ja dit sou selfs nooit geskep gewees het nie! Maar omdat Ek is, wie Ek is, bestaan nog alles, soos dit was, en soos dit vir ewig sal wees; en julle sal wees, soos julle wil wees, ook sonder My verdoemingsoordeel, want julle sal wees wat julle van julle self gemaak het. Maar diegene wat My aanneem soos Ek is, en My lief het, soos wat Ek hulle lief het, van hulle sal Ek maak wat hulle wil, sodat hulle vryheid en vreugde vir ewig volmaak is.

[HG 1.2.11] Vir My dienaars en knegte sê: My ampte is geen wisselbanke en geen geldboetieks nie! Want wie vir My ter wille van die geld dien, dien My nie uit liefde nie; maar wie nie vir My uit liefde dien nie, sy diens is vir My vreemd, hoe Ek vir hom ook heel vreemd moet wees, aangesien hy nie vir My uit liefde dien nie; met hom het Ek die rekening reeds afgesluit. Maar hoe is hy ‘n getroue kneg, wat die skatte van die Here, sonder toestemming, nes ‘n dief vir die mees skandelikste pryse verkoop het?! - Ischariot het My ten minste nog vir dertig silwerstukke verkoop, sonder dat hy geweet het, wat met My sal gebeur; want hy was verblind en het verlore gegaan. Maar nou is Ek as reeds gemartel, gedood en weer opgestaan, teen die mees skandalige spotpryse gedurende elke minuut te kry. O julle skandelikste diewe, julle moordenaars, waarmee moet Ek julle dan vergelyk? Julle kinders van die draak, julle addergebroedsel, julle slangbroeisel! So dien julle vir My, so moet Ek julle vind?! Ek het tog deur My liewe Paulus laat weet, dat hy, wat die altaar dien, ook van die altaar moet lewe, maar net uit die werke van liefde, wat deur alles wat goed is, bewerkstellig word; maar julle het nie werke van liefde nie, - daarom is julle rowers en diewe en sluipmoordenaars van die Evangelies en van alle waarheid. Weet julle: Soos die werk so is die loon! Liefde kan nie deur geld, maar net weer deur liefde verkry word. Ek is die liefde Self en kan deurgaans vir geen ander prys as net weer deur die liefde verkry word nie. Deur liefde het Ek vir julle almal gekoop; daarom vra Ek ook van julle almal net weer liefde. Wie dus vir My wil dien, die moet vir My in liefde dien, waarvoor Ek vir hom aan die kruis gesterf het; en wie na My toe wil kom, die kom in liefde na My toe, wat aan die kruis vir hom gebloei het.

[HG 1.2.12] Vir die amptenare en menere van die wêreld sê heel getrou en sonder vrees, dat hulle ampte nie hoër staan as die ampte van My ryk nie. Maar elke amp, wat teen My amp is, sal Ek binnekort vernietig; weë sy dienaars! Want Ek is die Allerhoogste; My wette is ewig, soos Ek dit is, en sal bly, vir ewig. Die motte, wat aan My wette wil knaag en weer wette uit hulle mis daarvan wil maak, om My gebooie uit te wis, oor hulle sal dit met die grootse las en gewig rol en hulle vernietig, as of hulle nooit sou bestaan het nie. Elkeen, wie hom aan My gebooie versondig, kan vergewe word, wanneer hy verbeter, sy foute insien en berou, hom dan na My toe wend en in My bly en Ek in hom; maar wie My wet wil ondergrawe, vir hom sal dit platdruk, en hy sal voorts vir ewig nie meer wees nie. Alle wette van die wêreld ondergrawe My gebod, as hulle nie uit My liefde deur mense, wat deur My Gees onderrig is, gegee is nie. Wee die tiranne, wee die despote, wat heers ter wille van die troon en die mag en die aansien daarvan; want vir hulle tyd, kort daar nie meer een nie, en hulle sal die mag van die swakkes ervaar! Die grond is Myne, en die veld is Myne; dit sê die Waaragtige, die ewige God van liefde en wysheid, en openbaar dit aan ‘n nar vir die wyses van die wêreld. Amen. Ek, Jehova, Amen.

[HG 1.3.1] Ek is ‘n goeie gasheer; ook nie ‘n enkele broodkrummeltjie sal verlore gaan nie. Wie sy kapitaal by My belê, sal dit vir hom hoë rente bring, en dit sal in My hart ingereken bly, en die rente sal groei in alle ewighede der ewighede. Kyk op, jou dwaas, en aanskou die sterrehemel! Wie het ooit die sonne getel, wat geen einde het nie, en al die aardes, wat Ek by die duisende by elkeen om hulle geskep het?! En Ek sê vir jou, Ek wat waaragtig en getrou is in elkeen van My woorde: vir ‘n pennie gee Ek ‘n aarde en vir ‘n sluk vars water ‘n son. Waarlik, Ek sê vir jou: Die geringste daad van naasteliefde sal op ‘n ongehoorde, onuitspreeklike wyse beloon word!

[HG 1.3.7] Dit alles sê die goeie gasheer en die spaarsame Vader vir al Sy kinders, sodat hulle hulleself moet verbeter, om eendag die erfenis, wat Ek vir hulle van ewigheid af so getrou berei en bewaar het, sal kan ontvang.

[HG 1.3.18] Sê dit vir die kinders, dat hulle tog nie die spot met My moet dryf nie, maar dat hulle dit moet ernstig opneem! Sê vir hulle, dat Ek deurgaans geen grapmaker is nie, nog minder enige grap verdra nie; want Ek bedoel dit ernstig met almal, met groot en klein, met jonk en oud, met manlik en vroulik. Geen uitsonderings word by My gemaak nie.

[HG 1.5.6] Toe sien die Godheid Sy heerlikheid, en die Liefde het Sy mag gevoel. En toe spreek die Liefde in die Godheid: “Laat ons die gedagtes van die heerlikheid vashou en na buite plaas, sodat hulle vry word en vir Ons kan voel en sien, soos wat Ons hulle voel en sien en Ons vir hulle gevoel en gesien het, nog voor die lig hulle vorms verlig het!”

[HG 1.5.7] Toe gaan die woord oor in die Godheid, en dit was orals Liefde. En sien, toe spreek die Godheid vir die eerste keer: “Dit sal!” En daar het ‘n groot aantal geeste uit God vry geword, waarvan die getal geen einde het nie, en die Liefde het Haarself oneindigkeer sien vermenigvuldig en het Haar oneindige skoonheid volmaak gesien.

[HG 1.5.10] Toe spreek die Liefde weereens: “Laat Ons maak, dat hulle hulself erken, sodat hulle dan vir My en deur My ook vir Jou mag erken!”

[HG 1.5.12] En sien, toe het daar drie gevorm, en vanuit hulle het sewe voortgegaan! En die drie was gelyk aan die Liefde, die Lig en die Godheid; en die sewe was gelyk aan die sewe geeste van God, en hulle heet en sal vir ewig heet: 1. Wees lief vir die Liefde. 2. Vrees die Godheid wat doodmaak, - sodat julle nie doodgemaak word nie. 3. Die Liefde in julle is heilig; daarom moet julle vir julle ondermekaar respekteer, net soos die Liefde vir julle in die Godheid respekteer en vreugde aan julle het. 4. Elkeen is sy eiendom en die eiendom van die Liefde van God; daarom moet nie die een die ander een beroof nie. 5. Niemand mag ooit sy aangesig voor die ander bedek nie, sodat die ander een nie kan weet, wie die Liefde is nie, - daarom is julle soos die Liefde, wat julle gemaak het. 6. Julle innerlike moet ook julle uiterlike wees, sodat geen valse roeringe in julle ontstaan en julle tot niet sal gaan nie. 7. Julle uiterlike is die getroue refleksie van julle innerlike spieël, waarin die Liefde van die Godheid Homself aanskou; anders sal die innerlike spieël breek en julle voorkoms sal skrikwekkend word.

[HG 1.5.18] Nou sien, die ewige Liefde het met hulle gepraat, en hulle het die woord verstaan! Toe het hulle tonge los geraak, en die eerste woord, wat oor hulle lippe gekom het, was ‘Liefde’. En die Godheid het gehou van die toon van hulle spraak; en die Godheid was geroer deur die Liefde, en die beweging het in die skepsels vorm aangeneem, en die vorm het ‘n toon geword en die toon was die tweede woord en heet - ‘God’.

[HG 1.5.33] Maar dit onthou baie spesifiek: In die middel van die son rus die genadevonk en gee deur die toornvuur van die Godheid die lig vir die wêrelde. Maar in die middel van die aarde, is daar ‘n toornvonk van die grimmigheid van God soos ‘n vuurdraak en hou die bose bendes soos klippe gevange, wat eers deur die waters van die barmhartigheid sag moet word, indien een weer vir ‘n tweede toets van vryheid en ‘n ewige lewe ontbind moet word. En nou begryp die geheim van jou wese en verstom jou oor die groot Liefde van die ewige mag, hoe dikwels Sy al vir jou van nuuts af laat gebore het, om jou, wat verlore was, vir die ewige lewe, vir die vryheid, vir die wet, vir die liefde en die lig en vir die aanskouing van Haar aangesig weer terug te wen; en sien, dit alles wil Ek vir jou en daardeur ook vir baie ander bekend maak en gee om te erken, sodat julle tog uiteindelik sal wil insien, hoe buitengewoon goed die Liefde moet wees, aangesien Sy onverpoos so baie dinge, so groot dinge, en so wonderbaarlike dinge vir julle ongehoorsames doen en duld!

[HG 1.5.35] En sien, nog dieper moet jy kyk, hoe en waarom Ek alles so uitgewerk het! Sien, die maan het vlekke en baie plekke waar dit donker is, en die aarde het koue maar vaste pole, en het hoë berge en het laagliggende valleie, en het fonteine, spruite, riviere, strome, mere en klein en groot seë; en die son het vlekke, groottes en kleintjies. Nou sien, dit alles is werke van die Liefde en genade, of die ooreenstemmende warmte en die lig, wat alles die ewige Liefde en die mag van die Godheid deur Haar is. Daaruit kan jy sien hoe die swakkes en die maan gelyk aanmekaar is, en sy wese sal vir jou oopgesluit word; kyk na die sterkes in alles wat hulle doen, en voor jou oë word die aarde onthul; en van een pool tot die ander pool moet die starre rus van die gees in die Liefde vir die Liefde daar wees, sodat alles, wat om die gees is, in ‘n vaste orde kan beweeg en daardeur vir die gemeenskaplike doel van ewige bestaan, werksaam kan wees. Want sien, alles hang van die rus af; daarsonder kan niks bereik word nie, en wie nie soos die pole van die aarde is, deurdring nie sy binnenste, soos ‘n lyn tussen die pole deur die sentrum van die aarde, nie. En julle Liefde moet so koud soos die ys van die pole wees, sodat julle geskik is, om al die warmte van die goddelike Liefde in julle te kan opneem. Want sien, dit wat warm is, is nie geskik om warmte op te neem nie; maar wat in sy rus koud is, dit is geskik, om die warmte ten volle op te neem en in alle dele van die lewe te laat stroom. Want sien, wie die warmte, wat die Liefde van God is, opneem, en dit by homself vashou en dit nie verder laat stroom nie, is suinig en sal homself oplos en vernietig, soos ys by die vuur; maar wie dit soos die pole ontvang en gee dit onmiddelik weer aan almal, wat om hom is hetsy naby of ver, by hom is die goddelike Liefde op die regte plek en voldoen geheel aan die wil van die groot en heilige Gewer.

[HG 1.5.37] Daarom, wie bestendig in die middel van die Liefde van erkenning bly, wat die genade is, sy lendes sal gloei van liefde uit God soos die gordel van die aarde, en sy oë sal, nes die pole, van erkentenisse straal, en sy arms sal soos riviere, spruite en fonteine beweeg, en sy dade sal na die mere van die goddelike barmhartigheid stroom, wat met die genade en met die erkentenisse van die ewige Liefde en die ewige lewe gesout is.

[HG 1.6.1] Nou lig jou oë van die aarde af op na die son, wat ‘n getroue afbeeld van die wedergeborene is! Kyk mooi, en jy sal gewaar, dat daar soms vlekke op sy gordel voorkom. Sien, volgens die natuur, soos julle sê, is dit uitbarstings van binne af, nes die vulkane op aarde en is ooreenkomstig uitbarstings van die grimmigheid van die Godheid en klein spore van Sy alles vernietigende mag, wat in die natuur op die aardes altyd deur groot of klein donderstorms, afhangende van die grootte van die vlekke, gedeeltelik tot uiting kom; tog word die Liefde dan altyd al hoe meer aktief en versag alles weer met water van barmhartigheid en op die son met groot stormvloede uit die oewerlose meer van haar barmhartige genade. En sien, so word alles weer in die grootste orde gebring, en buite hierdie orde, waarin Ek, die ewige Liefde, van ewigheid der ewighede Self is, en waaruit en waarin alles, wat bestaan, gemaak is, kan niks bestaan nóg ontstaan nie; en wie met sy vryheid uit hierdie orde wil tree, die handel teen die Liefde en teen die lewe en sal ten gronde gaan vir ewig.

[HG 1.6.8] En sien, soos die aarde uit My orde reëlmatig rondom die rus van die pole draai, wat deur die mag van My Liefde bewerkstellig word, sodat geen kant onbelig sal bly nie, so ook moet julle handelinge uit My Liefde voortgaan, wat oorspronklik en later volgens julle vaardighede deur die gegewe woord van die ewige Liefde in die wet van genade en barmhartigheid, in julle is; en soos die nag die aarde verkwik, sal die Liefde vir julle verkwik, en soos die dag van die aarde sal julle verhelder word deur die lig uit die son van genade.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Desktop Kommentaar