1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 | Resultate 0 - 20 van 4331 |
[HG 1.1.11] Maar vir die klereprag- en modegekke sê in alle erns, dat hulle naak voor hulle regverdigste Regter sal staan. Die prag sal soos skuim vergaan; hulle heerssugtigheid en prag sal in die laagste slawerny omskep word, en hulle sal vir ewig vir hulle dwaasheid moet skaam wees. Is dan nie iemand ‘n groot dwaas, wat van voornemens is, om ‘n mishoop met goud oor te trek, maar die edelstene, in plek van in goud, in die vuilste mis te laat set nie?! O, dat daar tog nou so baie waansinniges in die wêreld is! Die lig hou hulle vir die duisternis, en die duisternis vir die lig! [HG 1.2.10] Maar dit sê Ek nou: dat Ek is die allenige, ewige God in My drie-enige natuur as Vader volgens My Goddelikheid, as Seun volgens My volmaakte menslikheid en as Gees volgens alle lewe, werke en insigte. Ek is van ewigheid die liefde en die wysheid self. Nooit het Ek iets van enige iemand ontvang nie. Alles, wat daar is, is van My, en wie iets het, die het dit van My. Hoe is Ek dan ‘n tiran en ‘n spreker van verdoemingsoordele?! O julle dwase! Ek het vir julle lief; julle verag My. Ek is julle Vader; Julle maak van My ‘n doodsregter. Waar Ek seën, daar vloek julle; waar Ek bou, daar breek julle af; wat Ek oprig, dit buig julle; waar Ek saai, daar lei julle versmorende vloede daaroor; julle is in alles teen My. Sou Ek wees, soos julle sê Ek is, - waarlik, Ek sê vir julle, die aarde sou lank nie meer bestaan het nie, ja dit sou selfs nooit geskep gewees het nie! Maar omdat Ek is, wie Ek is, bestaan nog alles, soos dit was, en soos dit vir ewig sal wees; en julle sal wees, soos julle wil wees, ook sonder My verdoemingsoordeel, want julle sal wees wat julle van julle self gemaak het. Maar diegene wat My aanneem soos Ek is, en My lief het, soos wat Ek hulle lief het, van hulle sal Ek maak wat hulle wil, sodat hulle vryheid en vreugde vir ewig volmaak is. [HG 1.2.12] Vir die amptenare en menere van die wêreld sê heel getrou en sonder vrees, dat hulle ampte nie hoër staan as die ampte van My ryk nie. Maar elke amp, wat teen My amp is, sal Ek binnekort vernietig; weë sy dienaars! Want Ek is die Allerhoogste; My wette is ewig, soos Ek dit is, en sal bly, vir ewig. Die motte, wat aan My wette wil knaag en weer wette uit hulle mis daarvan wil maak, om My gebooie uit te wis, oor hulle sal dit met die grootse las en gewig rol en hulle vernietig, as of hulle nooit sou bestaan het nie. Elkeen, wie hom aan My gebooie versondig, kan vergewe word, wanneer hy verbeter, sy foute insien en berou, hom dan na My toe wend en in My bly en Ek in hom; maar wie My wet wil ondergrawe, vir hom sal dit platdruk, en hy sal voorts vir ewig nie meer wees nie. Alle wette van die wêreld ondergrawe My gebod, as hulle nie uit My liefde deur mense, wat deur My Gees onderrig is, gegee is nie. Wee die tiranne, wee die despote, wat heers ter wille van die troon en die mag en die aansien daarvan; want vir hulle tyd, kort daar nie meer een nie, en hulle sal die mag van die swakkes ervaar! Die grond is Myne, en die veld is Myne; dit sê die Waaragtige, die ewige God van liefde en wysheid, en openbaar dit aan ‘n nar vir die wyses van die wêreld. Amen. Ek, Jehova, Amen. [HG 1.3.1] Ek is ‘n goeie gasheer; ook nie ‘n enkele broodkrummeltjie sal verlore gaan nie. Wie sy kapitaal by My belê, sal dit vir hom hoë rente bring, en dit sal in My hart ingereken bly, en die rente sal groei in alle ewighede der ewighede. Kyk op, jou dwaas, en aanskou die sterrehemel! Wie het ooit die sonne getel, wat geen einde het nie, en al die aardes, wat Ek by die duisende by elkeen om hulle geskep het?! En Ek sê vir jou, Ek wat waaragtig en getrou is in elkeen van My woorde: vir ‘n pennie gee Ek ‘n aarde en vir ‘n sluk vars water ‘n son. Waarlik, Ek sê vir jou: Die geringste daad van naasteliefde sal op ‘n ongehoorde, onuitspreeklike wyse beloon word! [HG 1.3.7] Dit alles sê die goeie gasheer en die spaarsame Vader vir al Sy kinders, sodat hulle hulleself moet verbeter, om eendag die erfenis, wat Ek vir hulle van ewigheid af so getrou berei en bewaar het, sal kan ontvang. [HG 1.4.3] Dit kan julle deur middel van die lewendige woord doen, wat daar is Jesus Christus of die ewige liefde en wysheid in My, waaruit alles wat goed en waar is, vloei. Die liefde is vir julle van die begin af gegee; want sy is die eintlike lewe in julle, soos die mag in My skeppingswerke, wat inderdaad ook uit My liefde voortgegaan het, maar tog nie die liefde self is nie, omdat geen vryheid daarin is nie, maar net die werking van die liefde, maar wat so te sê sonder lewe is, - daarom ook alles, wat uit die’ mag ontstaan, so te sê dooie materie is, en wat net ‘n skynbare lewe het, - maar in werklikheid is dit die dood. [HG 1.4.10] Want sien, Ek is die Here oor alles, wat daar is! Ek is God, die ewige en magtige, en as sulks is Ek ook jul Vader, die heilige en liefdevollste. En alles dit is Ek in die woord; maar die woord is in die Seun, en die Seun is die liefde, en die liefde is in die wet, en die wet is vir julle gegee. Wanneer julle dit behartig en daarvolgens handel, dan het julle dit in julle opgeneem; dan word dit in julle lewendig en verhef vir julle en maak julle vry, en julle is dan nie meer onder die wet nie maar bo dit in die genade en die lig, wat alles My wysheid is. [HG 1.5.1] Wie ore het wat kan hoor, die luister, en wie oë het wat kan sien, die kyk; want sien, Ek wil vir julle ‘n groot geheim onthul, sodat julle kan sien, hoe julle liefdevolste, heilige Vader ook van aangesig tot aangesig aanskou en broederlik geniet kan word. Want die kinders moet tot in ewigheid in die groot huishouding van hulle Vader ingewy wees! [HG 1.5.6] Toe sien die Godheid Sy heerlikheid, en die Liefde het Sy mag gevoel. En toe spreek die Liefde in die Godheid: “Laat ons die gedagtes van die heerlikheid vashou en na buite plaas, sodat hulle vry word en vir Ons kan voel en sien, soos wat Ons hulle voel en sien en Ons vir hulle gevoel en gesien het, nog voor die lig hulle vorms verlig het!” [HG 1.5.35] En sien, nog dieper moet jy kyk, hoe en waarom Ek alles so uitgewerk het! Sien, die maan het vlekke en baie plekke waar dit donker is, en die aarde het koue maar vaste pole, en het hoë berge en het laagliggende valleie, en het fonteine, spruite, riviere, strome, mere en klein en groot seë; en die son het vlekke, groottes en kleintjies. Nou sien, dit alles is werke van die Liefde en genade, of die ooreenstemmende warmte en die lig, wat alles die ewige Liefde en die mag van die Godheid deur Haar is. Daaruit kan jy sien hoe die swakkes en die maan gelyk aanmekaar is, en sy wese sal vir jou oopgesluit word; kyk na die sterkes in alles wat hulle doen, en voor jou oë word die aarde onthul; en van een pool tot die ander pool moet die starre rus van die gees in die Liefde vir die Liefde daar wees, sodat alles, wat om die gees is, in ‘n vaste orde kan beweeg en daardeur vir die gemeenskaplike doel van ewige bestaan, werksaam kan wees. Want sien, alles hang van die rus af; daarsonder kan niks bereik word nie, en wie nie soos die pole van die aarde is, deurdring nie sy binnenste, soos ‘n lyn tussen die pole deur die sentrum van die aarde, nie. En julle Liefde moet so koud soos die ys van die pole wees, sodat julle geskik is, om al die warmte van die goddelike Liefde in julle te kan opneem. Want sien, dit wat warm is, is nie geskik om warmte op te neem nie; maar wat in sy rus koud is, dit is geskik, om die warmte ten volle op te neem en in alle dele van die lewe te laat stroom. Want sien, wie die warmte, wat die Liefde van God is, opneem, en dit by homself vashou en dit nie verder laat stroom nie, is suinig en sal homself oplos en vernietig, soos ys by die vuur; maar wie dit soos die pole ontvang en gee dit onmiddelik weer aan almal, wat om hom is hetsy naby of ver, by hom is die goddelike Liefde op die regte plek en voldoen geheel aan die wil van die groot en heilige Gewer. [HG 1.6.13] Die gees van die liefde en genade is in julle en is in alle wysheid. Wie hom hoor, die sal alles in die diepte van die dieptes verstaan; en hy sal die dooies verstaan, en hulle sal vir hom antwoord, en hy sal deur die lewendiges sien, en hulle liefde sal hom verkwik en hulle lig vir hom skyn; en hy sal sy oor op die aarde lê, en die gras sal vir hom die geheime van die liefde vertel, en die aarde sal sy dieptes aan hom onthul, en die berge sal vir sy stem luister, en die toon van sy spraak sal die murg van die aarde deurdring; en wanneer hy vir die see sal kyk, dan sal die strale van sy oë alle druppels daarvan verhelder en elke sandkorreltjie deurdring; en die geeste, wat nog as geoordeel daarin wag, sal na die lig van sy oë stroom, nes die visse en wurms van die see en die waters, wat tydens die nag na die lig van ‘n fakkel wat daaroor gehou word, sal stroom, en sal vir hulle vir die verlossing uit die kerker van die ewige nag laat vang en sal die liefde herken en sal hulle dors uit die waters van barmhartigheid les en hulle sal opgroei tot swakheid, tot ondersteuning en tot krag uit die liefde van die Vader en die woord, wat daar die liefde in die Vader is, en die Gees, wat die krag is in beide. [HG 1.7.1] Nou sien, Ek wil vir julle die organiese skepping van die eerste tot die laaste en van die kleinste tot die grootste wys, soos wat Ek dit uit My liefde en uit My wysheid en uit die ewige orde van beide, wat daar is die woord van die ewige mag en krag in die diepte van die Godheid, gemaak het. En sien, in alle ruimtes van die oneindigheid is daar niks, hetsy wat groot is of wat klein is, wat nie deur dieselfde gemaak is nie! [HG 1.9.14] “Watter nut het die geween en gewoed op aarde vir My, wat die gehuil van die mane, wat die weeklaag van sonne, en die jammerlike geskree van die sterre?! Want Ek is alleen, verlate deur My Liefde, wat teenoor My ontrou geword het en het van My af weggegaan na die aarde, die tweevoudige uitwerpsel van boosheid! Wat sal Ek doen sonder Haar? Daarom wil Ek al Haar werke van die fondamente af vernietig, sodat daar niks is, wat My Liefde vir alle toekomstige ewighede der ewighede van My af sal kan wegtrek en verwyder nie! En Ek sal God bly, die Allenige, in alle ewighede van ewighede, soos wat Ek was vanaf ewighede der ewighede; en jy, bouvallige gebou van die skepping van My Liefde wat swak geword het, stort in klein puinstukkies inmekaar, in niks, sodat Ek My Liefde weer kan terug vind en vir Haar weer deur die mag en krag van My ewige heiligheid kan versterk. Amen!” [HG 1.11.24] En nou sien, jy Adam, en luister, jy Eva! Julle is nou nog in die Paradys, daar, waarheen die ewige Liefde vir julle voor en na julle sonde en voor en na die vernietiging geplaas het; maar wanneer julle julle ooit sal vergeet, om nie die wette van die Liefde en die gebooie van wysheid van die heilige Vader getrou na te kom nie, dan sal julle deur hierdie vlammende swaard uit hierdie mooi tuin verdryf word en sal nooit vir die volle tydperk van julle liggaamlike lewe weer kan terugkeer nie en voortaan tot die tyd van belofte, ook nie een van al julle nasate nie - en daarna eerste die kinders van verlossing en dan die daaruit voortspruitende nuwe skepping van die ewige Liefde. [HG 1.12.9] Op grond hiervan het Ek ook vir julle op ‘n omslagtige manier tot in die fynste besonderhede My groot huishouding van ewigheid af gewys en het vir julle die skepping van die eerste tot die laaste gewys en het vir julle die eerste mens en sy ontstaan gewys, en wil vir hom nog verder tot by sy einde vir julle wys en wil vir julle die groot hoer en die Babylon wat vernietig is, wys, en vir julle dan in My groot heilige stad lei om vir julle daarin ‘n blywende woonplek vir ewig te gee, indien julle My lief het, soos wat Ek vir julle bo alles lief is! [HG 1.13.43] “Ahbel, sien, van alle offers, wat jy in alle reinheid van jou gemoed aan die Here van heiligheid opgedra het, was daar nie een groter as hierdie een en geen een was vir Hom meer welgevalle nie! Daarom neem volgens die wil van bo, hierdie swaard van geregtigheid uit die hand van jou broer van bo - want sien, op die wyse is ons kinders van een en dieselfde heilige Vader -, en doen en regeer daarmee volgens jou mag van wysheid en volgens die krag van liefde, ten beste oor jou familielede, en ontsteek in hulle die verswakkende krag van die lewe, en maak van vooraf ontbrand die liefde vir die Liefde van die heilige Vader, en maak brand die vlam van die geregverdigde vrees vir God in hulle harte! Maar ek sal nie vir jou verlaat nie, maar onsigbaar en, wanneer jy wil, ook sigbaar aan die geliefde sy van my broer staan, altyd bereid, om vir jou volgens die wil van die Here te dien. [HG 1.13.45] En doen volgens jou liefde en jou wysheid aan jou ouers en broers en susters van jou liggaam!” [HG 1.14.6] Maar jy is vry soos ‘n engel van die lig en sal opgeneem word, nadat die beeld van die groot Aankomeling binnekort heeltemal voltooi sal word, waarvoor jy jou eers deur jou toenemende nederigheid, liefde en groot vroomheid heeltemal geskik moet maak, ten spyte van alle vervolgings en mishandelinge, wat vir jou nog deur jou broers en susters ter wille van die verheerliking van My naam sal tref.” [HG 1.15.2] “O Broer, waarom eet jy die vleis van die slang, waar daar ‘n groot hoeveelheid vrugte is, om van te eet?! Sien, ons Vader Adam het van die gewas gedrink, wat hy nie geken het nie, soos dit die slang slim en agterbaks, meesterlik in haar onbeperkte boosheid tot sy en sy nasate se ondergang berei het, en het daardeur voor die Here van alle geregtigheid gesondig en julle almal deur hom; en ekself was met die las van skuld voor God belas en moes nes julle, wat almal van die sap van ondergang gedrink het, boet, en moes nes julle die paradys verlaat en moes julle liggaamlike las en al julle geestelike seën op my neem en was dus daardeur ter wille van julle dubbeld belas. [HG 1.15.8] En sien, toe raak Ahbel bewoë en het met die regterhand die swaard van geregtigheid oor die hoof van Cahin geswaai; en vir Cahin was die oë oopgemaak, en hy het sy groot onreg ingesien, waar hy vir God en sy ouers beskuldig het, en het al die skuld in homself raakgesien en het die onverstaanbare weë van die ewige Liefde in haar geheime en onbeperkte wysheid gesien en het gesien, hoe hy die verleidende slang self was, wat deur die onbeperkte barmhartigheid van die ewige Liefde deur hom ‘n mens geword het, sodat sy, natuurlik deur middel van ‘n groter beproewing, in die toestand van ‘n tydelike seënlose swakheid, juis van daardie swakheid moes bewus word en om hom dan in die toestand van sy bewuste swakheid, uiteindelik en deur eie oordeel in die volle vryheid van sy wese, tot die Here van alle mag en krag sal kon wend en moes, waar hy dan ook, nes die reeds geseëndes, die seën en hertoelating tot die groot genade van die allesbarmhartige Liefde en die grootste volheid van mag en krag sou ontvang het. |
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 | Desktop Kommentaar |