1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 | Resultate 0 - 20 van 34208 |
[HG 1.1.1] “Wie met My wil praat, die kom na My, en Ek sal vir hom die antwoord in sy hart lê; maar net die wat rein is, wie se hart vol nederigheid is, sal die toon van My stem verneem. [HG 1.1.2] En wie vir My voor al die wêreld voorkeur gee, vir My lief het soos ‘n teer bruid haar bruidegom, met hom wil Ek arm in arm wandel. Hy sal My altyd sien soos ‘n broer die ander broer, en soos Ek hom reeds van ewigheid af aanskou het, nog voor hy was. [HG 1.1.3] Maar vir hulle wat siek is, sê: Hulle moet nie in hul siektes bedroef wees nie, maar moet hulle ernstig aan My wend en moet vas op My vertrou. Ek sal hulle troos, en ‘n stroom van die kosbaarste balsem in hulle harte uitstort, en die bron van die ewige lewe wat nooit sal opdroog nie, sal aan hulle geopenbaar word; hulle sal genees en verkwik word soos die gras na ‘n donderstorm. [HG 1.1.5] Vir die swakkes laat weet uit My Mond: Ek is ‘n sterk God. Hulle moet hulle almal aan My wend; Ek sal hulle vervolmaak. Uit die muggievanger wil Ek ‘n leeutemmer maak, en die wat bang is sal die wêreld vernietig, en die groottes van die aarde sal soos kaf uitmekaar gewaai word. [HG 1.1.6] Vir die dansers en danseresse sê sonder vrees, dat hulle almal erg van die Satan mislei is. Hy gryp hulle almal by die voete en draai vinnig saam met hulle in ‘n warrelkring, sodat hulle daardeur deur en deur duiselig word en nie meer kan staan, nóg loop, nóg sit, nóg slaap, nóg rus, nóg hoor, nóg voel nóg ruik, nóg proe, nóg voel nie; want hulle is soos dooies, - daarom kan vir hulle nie gepreek nóg gehelp word nie. En sou hulle ook na My opkyk, dan sal dit met hulle gaan soos met iemand, wie deur ‘n sterk persoon by die voete gehouvas word en vinnig in die rondte gedraai word; sou hy ook na die hemel opkyk, sou hy nie ‘n son, maar net ‘n ligte streep sien, wat hom sou verblind, sodat hy dan sy oë sal sluit en hoegenaamd niks meer wil sien nie. [HG 1.1.8] Vir die dobbelaars sê, dat hulle eers hulle lewe en daarna ook alles, wat aan hulle daarvoor gegee was, verspeel. Want dobbel is ‘n put vol van giftige afval; die dobbelaars glo egter, dat dit ‘n verborge bron van goud is. Daarom woel hulle daagliks daarin, slurp die pesasem in die neusgate op, word deur en deur vergiftig en vind in plek van die vermeende goud, die ewige dood van die gees. [HG 1.1.9] Diegene, wie die skrif besit en dit nie lees nie, kan met iemand vergelyk word, wat langs ‘n put met skoon water staan en dors is, maar wat hy nie wil drink nie, hetsy uit ‘n sekere geestelike waterskuheid nes honde met hondsdolheid, wat in plek daarvan, om hul bekke in die water te druk om te genees eerder in harde klippe byt, om die brandende dors te les, of meestal as gevolg van ‘n sekere flou traagheid, laat hulle vir hulle liewers deur ‘n paar lui bediendes, uit die naaste poel, stinkende modderwater aandra om hulle dors te les, sodat hulle dan almal erg tot niet sal gaan. [HG 1.1.10] Maar vir die minnaars en minnaresse sê: Wie in die vlees wandel, wandel in die dood, en sy wellus sal binnekort na die kos van wurms omskep word. Net wie in die gees wandel, kom na die lig, die oerbron van alle lewe; sy aandeel sal vir ewig bly bestaan en vermeerder. [HG 1.1.11] Maar vir die klereprag- en modegekke sê in alle erns, dat hulle naak voor hulle regverdigste Regter sal staan. Die prag sal soos skuim vergaan; hulle heerssugtigheid en prag sal in die laagste slawerny omskep word, en hulle sal vir ewig vir hulle dwaasheid moet skaam wees. Is dan nie iemand ‘n groot dwaas, wat van voornemens is, om ‘n mishoop met goud oor te trek, maar die edelstene, in plek van in goud, in die vuilste mis te laat set nie?! O, dat daar tog nou so baie waansinniges in die wêreld is! Die lig hou hulle vir die duisternis, en die duisternis vir die lig! [HG 1.1.12] In die ooste staan reeds ‘n ster, wat vir Orion die baan sal breek, en die vuur van die groot hond sal hulle almal verteer; en Ek wil die sterre in groot hoeveelhede vanaf die hemel na die aarde slinger, sodat al die kwaaddoeners tot niet sal gaan en My lig op alle oorde sal skyn. [HG 1.2.2] Sê vir die angstige moeders: Hulle moet hulle dogters nie in vrees vir mans en die wêreld opvoed nie - want waarvoor jy bang is, dit gehoorsaam jy blindelings tydens die versoeking, en die wat gevrees word, kry ‘n maklike oorwinning -, maar hulle moet hulle eerder in My vrees en liefde opvoed, sodat Ek die oorwinnaar word, en hulle die wêreld verag en in My onbeperkte liefde swelg. Hulle moet hulle nie terwille van ‘n eggenoot na openbare plekke laat lei nie, maar na My, na My moet hulle vir hulle bring, en Ek sê vir jou: Nie een van hulle begeertes sal ongeseënd en onbevredig bly nie; want Ek is ‘n ryk God, wat van alles die mees oneindige oorvloed het, en wie alles in die hoogste oormaat kan gee en ook wil gee. [HG 1.2.3] Die armes moet nie bedel voor die deure van die rykes nie, waar hulle die lot van vreemde honde sal ervaar en hulle hart in treur en bitterheid omskep word, - maar hulle moet net in vaste vertroue na My toe kom, en Ek sal hulle almal verkwik. Die wat honger is, wil Ek kos gee, die wat dors is, wil Ek iets gee om te drink, die wat naak is, beklee, die siekes gesond maak; die wat lam is, sal spring soos ‘n takbok, die melaatse sal gereinig word, die blindes siende, die dowes horende, en die swakkes wil Ek sterker maak as ‘n leeu; die angstige sal moediger word as ‘n manlike vul, en die oues sal rus vind. Die wat arm is, is My naaste broers; Ek sorg vir hulle. Daarom moet hy hom nie deur die honde laat ontheilig nie; want die rykes van die wêreld is broers van Satan en kinders van die duiwels uit die hel. [HG 1.2.5] My kerk op aarde is ‘n reinigingsbad; wie hom gewas het, die kom na My, sodat Ek hom met die warmte van My liefde kan afdroog en vir hom behou. Maar wie net vreugde het, om te spat en te speel, met hom sal dit gaan soos die wiel van ‘n watermeul, wat nooit uit die water kom nie. [HG 1.2.8] Vir die wêreld is Ek maar ‘n klein held, wat vir niks gehou word nie. Die geleerdes kyk skaars nog oor die skouer vir My en laat vir My byna nie meer die naam van ‘n eerlike mens toekom nie. Maar sommiges het reeds geheel en al van My afskeid geneem; vir hulle is Ek dus glad nie meer daar nie. Sommiges laat vir My, vir net ‘n kort tydjie, nog enkele goddelike trekke oor, maar dan laat hulle hulleself van die wêreldwyses oor iets beter onderrig. Ek word dan onmiddelik as infaam beskou en geld hoogstens nog as ‘n God vir ou vroue. By sommiges van My dienaars en knegte wat groot wil wees, dien Ek net nog as ‘n openbare ampseël en as uiterlike, godagtige omsluiting van hul swart onsinnighede en hul growwe, duister dwaas- en domheid. Sommiges laat My wel nog in My Godheid vassteek; maar daarvoor moet Ek ‘n tydelike voordeel vir hulle, van wat hulle wil, van My laat maak en wat nog die heel ergste is: Ek moet ‘n bare onding wees! Liefde en barmhartigheid mag Ek net vir so lank hê, as wat dit vir hulle nodig is; maar dan moet Ek weer meer onverbiddelik word as ‘n klip en moet My self laat omskep in die skandelikste tiran! Ek moet van een regterstoel na die ander spring en een verdoemingsoordeel na die ander uitspreek; My liefde mag net tydelik wees, maar My tirany en die daarmee verbonde uiters skerp regteramp, moet vir ewig aanhou! O, die ongehoorde narre! My onbeperkte lankmoedigheid, sagmoedigheid, nederigheid en ewige liefde vir My skepsels, deug natuurlik nie vir hulle selfsugtige doen en lates nie; maar daar sal binnekort ‘n streep deur hulle rekening gemaak word! Hulle rekeninge lê voor My, en die maatbeker van dade het, behalwe vir een, vol geword, en die vergoeding wag vir hulle. [HG 1.2.10] Maar dit sê Ek nou: dat Ek is die allenige, ewige God in My drie-enige natuur as Vader volgens My Goddelikheid, as Seun volgens My volmaakte menslikheid en as Gees volgens alle lewe, werke en insigte. Ek is van ewigheid die liefde en die wysheid self. Nooit het Ek iets van enige iemand ontvang nie. Alles, wat daar is, is van My, en wie iets het, die het dit van My. Hoe is Ek dan ‘n tiran en ‘n spreker van verdoemingsoordele?! O julle dwase! Ek het vir julle lief; julle verag My. Ek is julle Vader; Julle maak van My ‘n doodsregter. Waar Ek seën, daar vloek julle; waar Ek bou, daar breek julle af; wat Ek oprig, dit buig julle; waar Ek saai, daar lei julle versmorende vloede daaroor; julle is in alles teen My. Sou Ek wees, soos julle sê Ek is, - waarlik, Ek sê vir julle, die aarde sou lank nie meer bestaan het nie, ja dit sou selfs nooit geskep gewees het nie! Maar omdat Ek is, wie Ek is, bestaan nog alles, soos dit was, en soos dit vir ewig sal wees; en julle sal wees, soos julle wil wees, ook sonder My verdoemingsoordeel, want julle sal wees wat julle van julle self gemaak het. Maar diegene wat My aanneem soos Ek is, en My lief het, soos wat Ek hulle lief het, van hulle sal Ek maak wat hulle wil, sodat hulle vryheid en vreugde vir ewig volmaak is. [HG 1.2.11] Vir My dienaars en knegte sê: My ampte is geen wisselbanke en geen geldboetieks nie! Want wie vir My ter wille van die geld dien, dien My nie uit liefde nie; maar wie nie vir My uit liefde dien nie, sy diens is vir My vreemd, hoe Ek vir hom ook heel vreemd moet wees, aangesien hy nie vir My uit liefde dien nie; met hom het Ek die rekening reeds afgesluit. Maar hoe is hy ‘n getroue kneg, wat die skatte van die Here, sonder toestemming, nes ‘n dief vir die mees skandelikste pryse verkoop het?! - Ischariot het My ten minste nog vir dertig silwerstukke verkoop, sonder dat hy geweet het, wat met My sal gebeur; want hy was verblind en het verlore gegaan. Maar nou is Ek as reeds gemartel, gedood en weer opgestaan, teen die mees skandalige spotpryse gedurende elke minuut te kry. O julle skandelikste diewe, julle moordenaars, waarmee moet Ek julle dan vergelyk? Julle kinders van die draak, julle addergebroedsel, julle slangbroeisel! So dien julle vir My, so moet Ek julle vind?! Ek het tog deur My liewe Paulus laat weet, dat hy, wat die altaar dien, ook van die altaar moet lewe, maar net uit die werke van liefde, wat deur alles wat goed is, bewerkstellig word; maar julle het nie werke van liefde nie, - daarom is julle rowers en diewe en sluipmoordenaars van die Evangelies en van alle waarheid. Weet julle: Soos die werk so is die loon! Liefde kan nie deur geld, maar net weer deur liefde verkry word. Ek is die liefde Self en kan deurgaans vir geen ander prys as net weer deur die liefde verkry word nie. Deur liefde het Ek vir julle almal gekoop; daarom vra Ek ook van julle almal net weer liefde. Wie dus vir My wil dien, die moet vir My in liefde dien, waarvoor Ek vir hom aan die kruis gesterf het; en wie na My toe wil kom, die kom in liefde na My toe, wat aan die kruis vir hom gebloei het. [HG 1.2.12] Vir die amptenare en menere van die wêreld sê heel getrou en sonder vrees, dat hulle ampte nie hoër staan as die ampte van My ryk nie. Maar elke amp, wat teen My amp is, sal Ek binnekort vernietig; weë sy dienaars! Want Ek is die Allerhoogste; My wette is ewig, soos Ek dit is, en sal bly, vir ewig. Die motte, wat aan My wette wil knaag en weer wette uit hulle mis daarvan wil maak, om My gebooie uit te wis, oor hulle sal dit met die grootse las en gewig rol en hulle vernietig, as of hulle nooit sou bestaan het nie. Elkeen, wie hom aan My gebooie versondig, kan vergewe word, wanneer hy verbeter, sy foute insien en berou, hom dan na My toe wend en in My bly en Ek in hom; maar wie My wet wil ondergrawe, vir hom sal dit platdruk, en hy sal voorts vir ewig nie meer wees nie. Alle wette van die wêreld ondergrawe My gebod, as hulle nie uit My liefde deur mense, wat deur My Gees onderrig is, gegee is nie. Wee die tiranne, wee die despote, wat heers ter wille van die troon en die mag en die aansien daarvan; want vir hulle tyd, kort daar nie meer een nie, en hulle sal die mag van die swakkes ervaar! Die grond is Myne, en die veld is Myne; dit sê die Waaragtige, die ewige God van liefde en wysheid, en openbaar dit aan ‘n nar vir die wyses van die wêreld. Amen. Ek, Jehova, Amen. [HG 1.3.1] Ek is ‘n goeie gasheer; ook nie ‘n enkele broodkrummeltjie sal verlore gaan nie. Wie sy kapitaal by My belê, sal dit vir hom hoë rente bring, en dit sal in My hart ingereken bly, en die rente sal groei in alle ewighede der ewighede. Kyk op, jou dwaas, en aanskou die sterrehemel! Wie het ooit die sonne getel, wat geen einde het nie, en al die aardes, wat Ek by die duisende by elkeen om hulle geskep het?! En Ek sê vir jou, Ek wat waaragtig en getrou is in elkeen van My woorde: vir ‘n pennie gee Ek ‘n aarde en vir ‘n sluk vars water ‘n son. Waarlik, Ek sê vir jou: Die geringste daad van naasteliefde sal op ‘n ongehoorde, onuitspreeklike wyse beloon word! [HG 1.3.2] Jy vra vir My, of daar orals ook mense is, soos hier op aarde, wat jy bewoon, en Ek sê vir jou: Ja, daar is orals mense, wat uit My ingewande voortgaan en My herken volgens die geaardheid van die ingewande; en die wat uit My hande voortgaan en vir My aan My hande herken; en die wat uit My voete voortgaan en vir My aan My voete herken; en die wat uit my kop voortgaan en My en vir My volgens My kop herken en die wat uit my hare voortgaan en vir My aan My hare herken; en die wat uit My lendes voortgaan en vir My aan My lendes herken; en oor die algemeen diegene wat uit alle en elke afsonderlike deel van My liggaamswese voortgaan, en vir My daarvolgens herken. En hulle lewe en hulle saligheid is ooreenkomstig die’ deel, waaruit hulle voortgegaan het, en hulle is almal My skepsels, wat Ek lief het; want Ek is in geheel liefde en is orals die liefde Self. [HG 1.3.3] Maar die mense op hierdie aarde het Ek uit die sentrum van My hart na vore geroep en het hulle volkome volgens my ewebeeld geskep, en hulle was nie net bedoel om my skepsels te wees nie, maar om My liewe kinders te wees, wat vir My nie as God en Skepper nie, maar net as hulle goeie Vader moes herken, wat vir hulle na ‘n kort proeftydperk weer ten volle na Hom toe wil neem, sodat hulle daar alles moet hê, wat Hy Self het, en by Hom sal woon vir ewig en met Hom heers en oordeel die heelal. Maar sien, al My skepsels het My as hulle Skepper in dankbare vreugde van hul bestaan lief; maar My kinders wil nie hulle Vader hê nie en versmaai Sy liefde! |
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 | Desktop Kommentaar |