Help

jakob-lorber.cc

Van die Hel tot die Hemel

Minerva sê: “Is jy nou klaar, jou onhebbelike Lerchenfeldse! Jy het verseker nog nooit op `n hoërskool beleefdheid geleer nie, want iets growwer het nog nooit tot my ore deurgedring nie.” Helena onderbreek haar: “Wel, pas maar op dat jy geen oorontsteking daarvan kry nie! Ek moet seker haar grofhede deemoedig absorbeer soos `n vroom jesuïete-biegeling, wanneer hy deur God se plaasbekleder met hel en vagevuur volgestop word? Wag jy maar net. As jy nie uit my oë verdwyn nie, sal daar tussen ons twee nog `n verskriklike spektakel losbars! Daarom sê ek jou nou vir eens en vir altyd, dat jy jou dadelik uit die voete moet maak, anders sal jou mooi gesig wel eens spoedig `n ander aansien kry!” – Van die Hel tot die Hemel, Boek 2, Hoofstuk 192, Paragraaf 13

Desktop Kommentaar