Help

jakob-lorber.cc

Van die Hel tot die Hemel

Robert sê: “Jou raad is werklik baie goed; maar stil nou, sy kom al in aller yl na ons toe. Sy het die pragtige kleed nog aan en die pseudo-swaard van blik en karton by haar. Ook skyn sy nog niks van haar uitsonderlike skoonheid ingeboet te hê nie. Sy is werklik onbeskryflik mooi en mens sou kon stel dat dit vir die Godheid onmoontlik sou wees om `n nog groter uiterlike skoonheid in die lewe te roep. Ek glo egter dat mens ook haar gestalte nie te veel mag roem nie; sy sou daardeur nog ydeler en trotser kon word as wat sy alreeds is.” Cado sê: “Ja, ja, in elk geval nie oor en met haar praat nie, anders kan ons nie so maklik van haar ontslae raak nie!” – Van die Hel tot die Hemel, Boek 2, Hoofstuk 192, Paragraaf 1

Desktop Kommentaar