Help

jakob-lorber.cc

Van die Hel tot die Hemel

Robert neem nou weer die goue sleutel in die hand en draai hom na alle kante, terwyl Helena kragtig teen beide die vleuels du. Hierdie poging gaan nog `n hele tyd deur, maar sonder resultaat. Wanneer beide al ietwat vermoeid is, sê Helena: “Weet jy, my liewe Robert-Uraniël, niemand kan hom verplig voel tot `n daad wat sy mag te bowe gaan nie. Ons het reeds al ons kragte aangewend, maar hierdie hemelpoort laat hom volstrek nie open nie, wat tog nouliks ons skuld kan wees. Dan bly hy maar in die Naam van die Heer gesluit! Maar ons sou tog vriend Cado om hulp kon vra, miskien weet hy beter om daarmee om te gaan as ons twee.” Robert-Uraniël sê: “Jy het gelyk, dit sal ek dadelik doen!” – Van die Hel tot die Hemel, Boek 2, Hoofstuk 191, Paragraaf 7

Desktop Kommentaar