Help

jakob-lorber.cc

Van die Hel tot die Hemel

[2.191.5] Helena sê: “Wel, dit sal ons net in die Naam van die Heer probeer oopmaak. Kyk, daar sit `n goue sleutel in die slot!” Robert gryp dadelik die sleutel vas en begin hom na regs en dan na links te draai, maar die deur laat hom nie oopmaak nie. Hy draai nogeens, en kragtiger as eers du hy nou met geweld teen beide die vleuels van die poort, maar tevergeefs!

[2.191.6] Daarop word Robert `n bietjie bang en sê vir Helena: “Kyk, my liewe vrou, ek moet eerlik aan jou beken dat ek my weereens baie vreemd voel, soos iemand wat heeltemal verlaat is deur sy vroeëre helpers in die nood. Kyk net agtertoe of jy nie in die verte iemand kan ontdek nie. Behalwe vriend Cado, wat ons baie stil gevolg het, ontdek ek geen siel en geen gees nie!” Helena sê: “Werklik eienaardig; behalwe Cado sien ek ook niemand nie, en die poort kan nie oopmaak nie. Tog het die Heer ons Self hiernatoe gestuur. Probeer die deur nogeens te open, ek sal jou help, miskien sal dit dan gaan.”

Desktop Kommentaar