Help

jakob-lorber.cc

Van die Hel tot die Hemel

[2.191.3] Met My woorde omvat Robert-Uraniël sy Helena met alle liefde en versoek My om aan sy sy, en wel tussen hom en Helena in, die groot saal binne te tree. Ek sê egter: “Jy moet net begin om jou vrylik te beweeg, anders sal jy steeds `n leiband nodig hê. Ek sal sonder meer in die groot saal aanwesig wees as jy daar binnegaan. Waarheen jy ookal, vervul van liefde tot My, jou sal begewe, sal Ek by jou wees, omdat jou liefde tot My Ekself is, want Ek is oral aanwesig waar waaragtige en suiwer liefde tot My, in volheid in `n hart aanwesig is. Gaan nou dus vooruit en open die poort na die ryk van die voleinding van jou hart.”

[2.191.4] Nou maak Robert `n diep buiging voor My en begin dadelik met sy reis. Hy wandel welgemoed met sy Helena, wat hom onderweg vra hoe dit vir hom hier in die ryk van God eintlik voorkom en of hy hom al heeltemal tuis daarin voel. Robert-Uraniël sê daarop: “Soms kom dit vir my baie vreemd voor, veral as die Heer nie langs my is nie, maar as die Heer sigbaar in my nabyheid bly, is ek my weer heeltemal tuis. Al die verskynsels kom net nog steeds vir my vreemd voor, al begryp ek dit baie goed, ook omdat hulle dikwels so totaal onverwags opduik. Maar daaraan het ek ook al gewoond geraak. Daar het jy die poort al, maar hy is gesluit! Wat nou?”

Desktop Kommentaar