Help

jakob-lorber.cc

Van die Hel tot die Hemel

[2.191.14] Robert sê: “Eerlik gesê sou ook vir my `n ander gewaad honderd keer beter gewees het! Ek vind myself nou in die goddelike sterregewaad net in `n gefopte hemelse esel. By God, `n leerbroek en `n jassie van die grofste laken sou vir my beter gewees het! Ek het my in my hele aardse en geestelike lewe nooit so geskaam as hierdie keer in die ellendige hemelsgewaad nie. Kon ek dit maar geruil het vir `n ander!” Helena sê: “Ek sal myne weggee vir die vuilste kombuisvoorskoot, want daar is niks so erbarmlik as om `n koningsgewaad te dra in `n weiland vir varkoppassers nie.”

[2.191.15] Cado sê: “My beste vriende, julle woorde is vir my uit die hart gegryp! Christus, as Heer van die oneindigheid, moes dit ook diep gevoel het, omdat Hy so dikwels teen klereprag geywer het. Hy dra immers ook hier in die ryk van die lig, `n allereenvoudigste kleed. Ekself is die grootste vyand van elke vorm van klereprag, of hulle nou op aarde materieel, of hier in die ryk van die gees, geestelik is. Daarom gee ek julle volkome gelyk dat julle julle pragtige hemelsgewaad, wat hier nie op sy plek is nie, te verafsku. Het dit nou in julle oë geen waarde nie, dan is alles goed en wel. In my oë het selfs so `n hemelse opskikking nooit enige waarde gehad nie! Maar wat sal ons nou doen, solank die poort nog nie oop is nie? Sal ons begin te vra, te soek en te klop?”

Desktop Kommentaar