Help

jakob-lorber.cc

Van die Hel tot die Hemel

Robert-Uraniël krap hom agter die ore en Cado sê: “Ek het jou immers gesê dat dit nie sou gaan nie! Want ek weet dat hierdie geestelike dinge baie hardnekkiger is as die aardse. `n Berg op aarde laat hom makliker verplaas as dat so `n geestespoort homself laat open! Ek sou hier aanraai om die verdere verloop af te wag. Dit kan nie die bedoeling wees om God die Heer aanhoudend lastig te val nie. Daar is ons bygevolg `n plek aangewys, waar ons so lank moet bly totdat hierdie hemelpoort deur hoër magte vir ons oop gedwing sal word. Wat ons egter sou kan doen, is om vas te hou aan die evangeliese raad: “Soek en jy sal vind; vra en vir u sal gegee word en klop en daar sal oopgemaak word!” Wie weet of die poort dan nie reeds vir ons sou oopstaan nie. Wat dink jy, vriend, van hierdie saak?” – Van die Hel tot die Hemel, Boek 2, Hoofstuk 191, Paragraaf 11

Desktop Kommentaar