Help

jakob-lorber.cc

Van die Hel tot die Hemel

Op die top van die piramide is `n groot goue bal aangebring. Elke tree van die piramide is met `n breë goue band beklee, waarin allerlei geskrifte gegraveer is. In die piramide is daar slegs aan die noordekant `n deur, waardeur mens na binne kan gaan. `n Paar meter agter die ingang is na links en regs twee sygange, en nog ietwat verder op is `n trap wat na benede, en een wat na bo lei. Hoewel die piramide uiterlik lyk asof dit van suiwer ondeursigtige, swaar klippe gebou is, waardeur geen lig in die inwendige van die reusagtige monument kan deurdring nie, is die baie ruimtes binne egter tog so helder verlig, dat mens alles wat daarin is, goed kan onderskei. – Van die Hel tot die Hemel, Boek 2, Hoofstuk 155, Paragraaf 2

Desktop Kommentaar