Help

jakob-lorber.cc

Van die Hel tot die Hemel

[2.151.3] Die Fransiskaan sê: “Ja Heer, dan is Robert Blum tog ook nog lank nie in die eintlike hemel nie?” Ek sê: “Wel sekerlik nie! Die huis vir sover ons dit nou ken en sien, het weliswaar al uit sy hart ontspring en is al taamlik volmaak, maar daar is nog tallose gedeeltes en vertrekke, wat vir Robert nog ewe onbekend is as vir jou, maar met die nodige geduld sal julle nog alles leer ken.

[2.151.4] Maar nou gaan ons deur die groot poort die museum binne. Daar sal julle almal se oë ietwat verder geopen word.”

Desktop Kommentaar