Help

jakob-lorber.cc

Van die Hel tot die Hemel

Ek sê egter vir hom: “Vriend, as ons in die museum elke gedenkskrif sou wou lees en ontsyfer, sou ons vir die hele ewigheid volop werk daaraan hê. Dit sou wees asof jy sou wil bereken hoeveel saadkorrels vir die verdere voortplanting, wat tot in die oneindige gaan, hom reeds in `n saadkorrel bevind. Om oneindige dinge te begryp, moet mens nooit met die afsonderlike dele begin nie, ook nie by die voorwerp wat mens sou wil deurgrond nie, maar steeds eenvoudigweg na dit self kyk. Begryp jy jou eie wese, dan sal jy ook al die ander kan begryp en deurgrond, maar solank jy nog geen volledige duidelikheid oor jouself verkry het nie, kan al die ander in jou ook nie tot klaarheid kom nie. As die oog blind is, waarvandaan sal die mens sy lig vandaan kry en weet waarop hy staan en wat daar om hom heen is? Het die oog egter lig, is alles ook in en om die mens verlig. En presies so is dit ook met die geestesmens. – Van die Hel tot die Hemel, Boek 2, Hoofstuk 151, Paragraaf 10

Desktop Kommentaar