Help

jakob-lorber.cc

Van die Hel tot die Hemel

Die binnegaan in die museum in Robert se huis. `n Soort siele kerkhof

[2.151.1] Ek sê: “Ja, My beste vriend, as jy dit al vir `n volmaakte hemel aansien, wat in wese slegs `n ietwat beter geestewêreld is, waar die eintlike hemel eers in die gees van die mens begin binnestroom sodat hy eers daaruit omvorm word, wat sal jy dan sê wanneer jy in die werklike hemel, wat vanuit jouself kom, sal binnegaan?

[2.151.2] Ek sê jou dat dit slegs `n inleiding is op die binnegaan in die ware hemelryk. Kyk, hierdie aartsvaders, profete, apostels en moeder Maria met Josef, sou jy selfs gladnie kon aanskou, sonder om die lewe daarby te verloor nie, as hulle hulleself in hulle eintlike hemelse gedaante aan jou sou vertoon het. Trek jou egter niks daarvan aan nie, want Ek is immers Self daar om julle almal geleidelik aan in die ware hemel binne te lei; Ek dink, dat Ek die korrekte weg die beste ken.”

Desktop Kommentaar