Help

jakob-lorber.cc

Van die Hel tot die Hemel

[1.53.8] Jellinek sê: O, dit kan ek my die beste voorstel. Bestaan daar `n God, waaraan nie te betwyfel is nie, dan volg die vraag: Hoe kon die volmaakte Wese byvoorbeeld ook so `n Windischgrätz skep? Daardie tiermens verteenwoordig taamlik getrou die hel op hierdie aarde en is tog, net soos `n ratelslang, `n werk van die volmaakte Godheid? Sou daar egter geen God bestaan nie, hoe kon die stomme natuurkragte dan in so `n misrabele humeur kom en `n Windichsgrätz heeltemal per toeval optower? Julle sien dus, dat sowel met `n God en sonder `n God die bose net so goed voorkom as die goeie. Meestal selfs nog rykliker en sterker, waaruit dit dan in beide gevalle volg dat die begrip hel goed te verklaar is. Daarom is dit baie goed moontlik om daarin ewe onskuldig te beland soos wat ons op aarde in die hande geval het van Windischrätz. Wat dink julle hiervan?

Desktop Kommentaar