Help

jakob-lorber.cc

Van die Hel tot die Hemel

[1.104.14] Die woorvoerder van die geselskap sê: "Ja, ja, vriend, `n sterk honger, dan sal al die ander wel agtermekaar kom! Vir die hongeriges is die een `n god wat hulle iets te ete gee. Diegene egter, wat geen honger het nie, dit wil sê, nóg objektiewe, nóg subjektiewe behoeftes, vra nie baie na God en Sy ryk nie. Wanneer vir iemand, byvoorbeeld, wat deur `n sekere onverskilligheid in sy hele wese bevange is, en daarby deur slaap oorval word, sodat hy nouliks meer by sy bewussyn is, gepreek word oor moraal en deug, dan sal hy geen aandag daaraan skenk nie, want sy sinne is traag en sy gees slaap!

Desktop Kommentaar