[1.1.5] Netsoos wat Ronge sy kerk gebou het, netso het ons man sy idees oor die welsyn van sy volk op sand gebou. Alles wat die wêreld kon aanbied, het vir hom klein en magteloos gelyk. Slegs in sy redenaarstalent het, volgens hom, voldoende mag gelê om binne `n kort tydjie alle maghebbers te onttroon. [1.1.6] Sy oortuiging was so sterk, dat hy byna nie in staat was om enige twyfel daaroor toe te laat nie, ook al het Ek hom innerlik gewaarsku by al die gewaagde ondernemings, dan het dit hom tog nie verhinder om hom te weerhou van dit wat hy hom nou eenmaal voorgeneem het nie. Want dit was vir hom `n slagspreuk; dat `n reggeaarde Duitser eerder alles sou moet opoffer, as om af te sien van `n eenmaal opgeneemde idee.
|