Help

jakob-lorber.cc

3 Resultate

[GS 1.43.4] Die muur self is hier en daar deursigtig gekleur, ongeveer soos `n reënboog; sy hoogte sal nouliks `n klafter (1.9 meter) bedra. Bo die muur is boë soos van glas aangebring. Bo-op die boë loop `n soort geut, soos van goud en in hierdie geut beweeg voortdurend allerlei gekleurde, stralende bolle wat `n deursnee van ongeveer twee handbreedtes het, terwyl die afstand tussen die bolle `n halwe klafter bedra. Die laaste top van hierdie ietwat kegelvormige heuwel is met `n soort tempel versier. Die pilare lyk soos slanke populiere by ons op aarde. Tog lyk die dak asof dit van gepolyste goud is en dit lyk asof dit meer vry bo die pilare sweef, as wat dit op die een of ander manier daarmee verbind is. Bo-op die dak is weer `n deursigtige, stralende bol.

[GS 1.57.1] Kyk, ons geselskap kyk vol verwondering na die poort, want dit is van blinkende goud en die omlysting is geset met diamante en robyne. Die woordvoerder sê dadelik aan die vermeende tafeldienaar: Maar beste vriend, dit is tog ietwat te veel van die goeie; as ek die goed sien, sou ek byna kan beweer dat die waarde van hierdie poort, volgens aardse maatstawwe, waaragtig alle skatte en rykdomme van die hele aarde oortref. Want om te begin, is die poort ten minste al so `n drie klafter* hoog en bowendien heeltemal massief. Ek laat die waarde van die goud nog buite beskouing, maar die vuisgrote diamante en robyne, o hemelse goedheid! *(Een klafter is 1.9 meter; drie klafter is dus 5.7 meter.)

[GJE 1.105.2] Maar die terugreis het ‘n bietjie langer geduur as die heenreis, en baie het honger geword. Maar Ek het vir hulle versterk, en hulle het in hulleself ‘n wonderbaarlike versadiging waargeneem, en sommige het gesê: “Waarlik, een asemtog gee brood, en ‘n tweede proe soos wyn!” En so het ons die volgende oggend vroeg die oewer bereik. Vanaf die oewer van die meer tot by Nasaret was dit nog twintig veldweë (een veldweg was volgens huidige maat ‘n afstand van 50-70 vame; 1 Weense vaam = 1.90 meter; 1 veldweg dus ongeveer 120 meter; ‘n Griekse veldweg is gelyk aan 192 meter), en ons het ons reis ongehinderd voortgesit en het na ‘n kort rukkie die stad Nasaret bereik. Intussen het natuurlik die knegte van Petrus die skip versorg en het huis toe gery.

Desktop Kommentaar