![]() ![]() ![]() ![]() | Resultate 100 - 120 van 42354 |
[HG 1.11.9] Sien, hierdie vrug is nie meer vir julle ‘n sonde nie; maar dit is net die gevolg van die drievoudige ongehoorsaamheid teenoor God en is die dood van julle vlees, wat julle in selfsugtigheid deur julle begeerte van die vlees, verwek het. Julle mag nie hierdie vrug van julle af weggooi nie, maar moet dit volgens die wil van bo as getuienis oor julleself en julle nederigheid behou, sodat julle mettertyd sal ervaar, hoe deur julle die sonde en deur die sonde ook die dood in die wêreld gekom het; maar die vrug self moet julle ‘Cahin’, (Kain) of ‘Doodbringer’ noem!” [HG 1.11.11] En die Engel het toe aan die linkerkant van Adam gestaan, en Eva met die vrug op die regterarm het aan die regterkant van Adam gestaan, sodat haar hart van enige las vry was en voortaan na die mens op alle weë en paaie gekeer sal wees. [HG 1.11.13] Want die aarde en alles, wat daarop was, was onderdanig aan die wil van Adam, en die see en al die waters was selfs aan die kleinste wenk van Adam getrou gehoorsaam en was van die oppervlakte tot op die diepste bodem aan hom onderdanig en die see het met eerbied vir die voet van sy meester sy rug aangebied, om daarop na willekeur te kan wandel; en al die winde was onderdanig aan hom, en alle diere van die waters, die vaste land en die lug was gehoorsaam aan sy stem. [HG 1.11.15] “Eva, my vrou, sien, die Here van mag en krag het vir ons geseën; laat ons vir hom ons harte offer, sodat Sy seën op aarde volgens Sy groot belofte sal gedy en deur jou die nuwe inwoner van hierdie plek die lig van genade sal waarneem!” [HG 1.11.16] En Eva, vol nederigheid en innerlike vreugde, sê toe: “Adam, kyk vir jou maagd aan jou voete, wat op die teken van haar meester op aarde wag, en daar sal met haar volgens jou wil gebeur; neem my skuldige hart en offer dit vir die Here!” [HG 1.11.19] “Adam! Jy het nou gedurende die ver reise op aarde baie geleer; die vaste lande en die waters het jy gesien, en ook wat daarop en daarin is, groei en beweeg; en het van die groot mammoet tot alle diere verder onder toe tot die kleinste van die kruipende wurmpies, gesien; en het die sterk haai en al die diere van die waters tot die inwoners van ‘n druppel gesien; en het ook al die voëls van die lug, vanaf die reusagtige arend tot by die kleinste blaarvoëltjie en van daar tot die kleinste muggie gesien; en jy het al hulle kragte, nuttigheid en geskiktheid getoets; en het ook daaruit herken, hoe die ewige Liefde in oorvloed vir jou en deur jou ook vir Eva gesorg het. [HG 1.11.20] Jy het met die berge gepraat, en hulle het vir jou geantwoord; en jy het die see gevra, en dit het vir jou geantwoord; en jy het jou stem na die diepte van die aarde gerig, en die antwoord het nie onderweë gebly nie, en jy het die toon van jou stem aan al die bome, struike, kruie en aan al die gras gerig, en hulle het vir jou hul name genoem en het met eerbied hulle geskiktheid aan jou verduidelik en daaruit die nuttigheid vir julle na willekeur; en so ook het al die diere, met wie jy met die stem van jou bors gepraat het, elkeen in sy soort ‘n hoorbare en volle antwoord vir jou gegee en vir jou aangedui, hoe hulle vir jou diens bestem is en blindelings aan jou wil onderdanig is; en die winde het vir jou geleer, hoe om vir hulle volgens jou wil te gebruik; en dit alles het ook Eva gesien, gehoor en gewaar. [HG 1.11.21] Sien nou, Adam, en ook jy, Eva, dit alles is nie vir jou van die ewige Liefde gegee soos die lewe en Eva nie, maar Haar groot genade het dit vir jou as geskenk gegee, en jy sal dit alles vir net so lank behou, soos wat jy volgens die wil van die heilige Vader ‘n wyse gebruik daarvan sal maak; maar een na die ander sal uit die gebied van jou groot mag verwyder word, wanneer jy jou gemoed nie altyd heel rein voor die aangesig van Jehova sal hou nie. Daarom wees wys, soos die groot, oorgoeie en oorheilige Vader daar bo oor al die skepping en daar onder in die diepte onder alle skepping, dit is! [HG 1.11.22] En soos jy volgens die wil van die heilige Vader en ook volgens jou eie wil nou is, moet wees en voortaan moet bly, so ook moet al jou nasate en al die nakomelinge van Eva, soos sy voor en onder jou oë dit is, wees. [HG 1.11.26] En nou, nadat ek vir julle volgens die volkome wil van die ewige Liefde gelei, alles gewys en gesê het, is my sendingstaak van die ewige Liefde in die Vader van alle heiligheid en goedheid voltooi, en ek moet vir julle sigbaar verlaat; maar onsigbaar sal ek vir julle stap vir stap volg en sal elkeen van julle treë, volgens die onveranderbare wil van Jehova, tel. [HG 1.11.29] En nou sien, jy blinde skrywer van hierdie My nuwe lewendige woord in jou soos ook in julle almal, en beskou vir Adam, soos hy nou in die Paradys ‘n volmaakte mens, tot op een, was en met watter vaardighede hy deur My toegerus was, ‘n volkome meester van die aarde; en al hierdie sy volmaakthede was net ‘n geskenk van My, en hy het dit tot die’ tyd behou, toe hy vir ‘n enkele keer van My vergeet het, nadat die Engel voor sy oë onsigbaar geword het. [HG 1.12.2] En My brood, wat met die heuning van My Liefde gesmeer is en met die melk van die ewige vrye lewe uit My deurdrenk is, en wat julle in die hoogste volheid van oormatigheid kan geniet, en wat nooit vir julle skade sal berokken nie, maar wat vir julle met alle mag en krag uit My vir ewig en reeds ook tydelik sal versterk en toerus, indien julle dit net wil aanneem. - Sien, kort na My allergrootste daad, wat daar die groot werk van verlossing vir julle is, was hierdie My brood nog baie duur, en die mense kon dit net as ‘n klein gawe nie anders, as net deur hulle bloed en liggaamlike lewe vir My te offer, koop nie, en hierdie My brood was baie bitter van smaak in die monde van die’ wat dit gekoop het en was nog nie met die heuning van liefde gesmeer en met die melk van die vrye lewe, ook reeds vir tydelik, nie deurdrenk nie, maar die heuning asook die melk was vir die droewige kopers eers in die ryk van die geeste, noukeurig geweeg, toegedeel; en tog was daar ‘n groot hoeveelheid kopers! [HG 1.12.9] Op grond hiervan het Ek ook vir julle op ‘n omslagtige manier tot in die fynste besonderhede My groot huishouding van ewigheid af gewys en het vir julle die skepping van die eerste tot die laaste gewys en het vir julle die eerste mens en sy ontstaan gewys, en wil vir hom nog verder tot by sy einde vir julle wys en wil vir julle die groot hoer en die Babylon wat vernietig is, wys, en vir julle dan in My groot heilige stad lei om vir julle daarin ‘n blywende woonplek vir ewig te gee, indien julle My lief het, soos wat Ek vir julle bo alles lief is! [HG 1.13.1] En nou keer weer terug na Adam en na Eva, en sien, hoe hulle verdere liggaamlike lewens en die van hulle twee nasate voor die alsiende oë van die heiligheid van Jehova verloop het! En sien, na ‘n kort tyd, wat volgens julle berekening dertig aardomwentelings om die son beloop het, en wat julle ‘jare’ noem, het die paartjie in die kring van sy geseënde nasate gelewe, waarvan die aantal dieselfde was as die aantal jare, met uitsondering van Cahin, wat nie geseën was nie. [HG 1.13.6] Toe kyk Adam meer noukeurig vir die gewas en het dit nie herken nie. Toe vra hy weereens: “Wat is jou naam, en wat is jou geskiktheid?” [HG 1.13.11] Toe neem Adam die uitgeperste sap en sê: “Laat ons dus sy naam en sy geskiktheid uitvind!” [HG 1.13.15] “Jehova het ‘n groot welgevalle aan jou offer gehad, sodanig, dat Hy vir jou as redder van jou ouers en broers en susters uitverkies het, daarsonder hulle nou op die dag van die Here ten gronde sou gaan, aangesien hulle Hom vergeet het en hul gemoedere tot op die aarde laat sink het en kon nie deel hê in die seën nie, wat altyd op hierdie dag volgens die vasgestelde orde van bo, in alle ruimtes van die oneindigheid uitstroom! [HG 1.13.17] Verlaat nou jou offeraltaar en gaan staan aan my linkerkant, sodat die tugtigende regterhand vir die oortreders oop bly, en volg vir my na die woning van sonde! En wanneer ek die slapende sondaars uit die dronkenskap van hoerery wakker gemaak het en hulle, vreesbevange, voor die swaard van geregtigheid sal vlug, dan moet jy vir hulle as ‘n medevlugteling volg en moet vir jou ouers van jou liggaam ‘n klein deel van die verlore geskenk agterna dra en dit vir hulle as versterking gee daar, in ‘n land ver hiervandaan waar hulle moeg en uitgeput weenend op die aarde sal neersak, die land wat ‘Ehuchil’ of ‘Land van toevlug’ genoem word. En in daardie land moet jy ook ‘n offeraltaar oprig net soos hierdie een, wat voortaan sal brand, ook onder die waters, en wat eendag oor die aarde sal kom, en in ‘n berg, wat nie deur ‘n sterflike voet geklim sal word nie, sal verander, tot die groot tyd van die tye, waar dit sy hoof sal laat sak na die laagtes, wat daar sal heet ‘Bethlehem’ of die stad van die groot Koning, en wat eendag die grootste op aarde sal word; want sy lig sal helderder skyn as die lig van alle songeeste der geeste. En op hierdie nuwe altaar moet jy jou dankoffer aan die Here bring, vanuit alle ryke op aarde in hierdie land van toevlug, sodat dit deur die sondaars geniet kan word en diegene wat berou het kan versterk en diegene wat treur kan troos!” [HG 1.13.18] En toe die Engel sy toespraak aan Ahbel voltooi het, het hulle opgestaan en met ernstige treë na die woning van Adam gegaan, wat volgens sy mag en krag in ‘n ronde en baie ruimtelike vorm uit dig langs mekaar vrylik uit die aarde groeiende groot sederbome - in vorm soortgelyk aan die tempel van Salomo - bestaan het, en nie ver vanaf die grot van berou en die doringbos van treur geleë was, en twee ingange gehad het, een teen die môre en ‘n wye een teen die aand. [HG 1.13.22] En Ahbel het gedoen, soos die Engel vir hom beveel het; en toe hulle naby sy familielede was, het die Engel met ‘n donderslagstem vreeslik ernstige woorde van skrik en groot angs oor die sondaars wat nou wakker geword, uitgespreek, en het met groot krag en mag geroep: |
![]() ![]() ![]() ![]() |
Desktop ![]() |