Help

jakob-lorber.cc

Die Maan

Vier vrae met betrekking tot die maan.

Vraag 1. 0 Liefdevolle Heer en Heiland! Hoe vereer die maanmense U? Vorm hulle, onder een of ander opperhoof, `n kerk of staat?

Vraag 2. Hoe voed hulle hulle kinders op?

Vraag 3. Wat dink hulle van ons aarde, en weet hulle dat U op aarde mens geword het en deur U bitter lyding en sterwe die sonde van die wêreld weggeneem het?

Vraag 4. Hoe veroorsaak die maan die slaapwandel of somnambulisme?

3-6-1841

Antwoord op vraag 1

[5.1] Julle kan al hierdie vrae op aarde self presies beantwoord sien en wel om die rede, dat daar tussen die mense van die aarde en die op die maan opsigtelik geen wesenlike verskil in geestelike bestaan is nie; want, soos wat tog al aan julle bekend is, is die maanbewoners niks anders as mense van hierdie aarde wat hulle moet verbeter nie, en hulle bring, soos elke ander gees, hulle werke saam met hulle. Dat die werke van diegene wat na die maan verhuis het, nou nie juis van die beste soort is nie, is al goed duidelik deur die feit dat hulle daarheen gebring word.

[5.2] Wil julle iets weet oor die verering wat die bewoners van beide kante van die maan aan My opdra, kyk dan net na die wêreldse volk van hierdie aarde en julle sal `n getroue afspieëling sien van hoe die maanbewoners My vereer.

[5.3] Welke eer bewys die wêreldse mense op aarde My en met wat se lofprysing betaal hulle My die gepaste tol? Bestee hierdie wêreldse mense nie al hulle sorg aan hulle vuil lywe nie? Sommiges is altyddeur besorg besig om te bedink met welke vodde hulle die mishoop van hulle gees sal omhul. Ander is weer besig om te bedink watter heerlike ete hulle sal klaarmaak, om dit dan daarna in hulle maag, as die werklike arbeidsplek van die dood, na binne te sluk. Ander is weer besorg oor hulle pragtige huis, oor `n skitterende inrigting, sagte stoele en sofas, glansende tafels en baie sagte beddens om daarin des te makliker, sowel oordag as snags, te luier en daar noukeurig ag op te slaan, dat hulle innerlike mees geliefde vriend, 'maag' tog nie een of ander beledigende druk of selfs `n pynlike kwelling sou ondervind nie. Ook is hierdie vriende van die maag baie bang vir sonstrale, waarom hulle dan ook sorg dra dat nie teveel sonlig deur die venster na binnekom nie, waarom hulle hulle vensters dan ook met allerlei vodde behang. Merk julle nie dat sulke mense hier al `n flou verwantskap vertoon met die gatbewoners op die maan, wat, omdat hulle nie meer sulke pragtige huise vir hulle kan inrig nie en nie meer in staat is om hulle vensters met vodde te behang nie, daarom vir die sonstrale na hulle gate vlug en ook tot laat in die middag daarin bly, net soos die mense op aarde dit vir hulle maklik gemaak het. En ander het weer geen belangriker werk as om sake te doen en met geld te woeker nie. En nog ander het geen ander gedagtes as om hulle op te smuk, wat veral ywerig deur die vroulike geslag betrag word en wel met die opregte doel om een of ander onervare jongmens daardeur mal te maak en grof te bedrieg. Trouens doen geen opregte meisie dit nie, want as sy haar werklike innerlike waarde erken en daardeur ook die waarde van haar medemens, vra jou dan af, sou sy haar dan wel so opgesmuk het om iemand te bedrieg en te doen soos die Jode, wat slegte metaal oppoets om dit as goud aan een of ander dwaas te verkoop? Ek sê: Dit sal sy nie doen nie, omdat sy erken dat dit geen namaaksel nie, maar egte goud is, waarvoor ook geen dwaas, maar `n verstandige mens nodig is om dadelik te erken dat dit goud is en dit vir die korrekte prys te neem. Sien - Ek sou nog baie meer oor die wêreldse mense kan vertel; maar dit is, ter verduideliking van die saak, nie nodig nie.

[5.4] Julle weet dat Ek eens gesê het dat niemand hulle besorg moet maak oor wat hy sal eet of drink en ook nie oor sy kleding nie, maar hy moet maar net My ryk soek en sy geregtigheid, en dit is My groot liefde tot hom, hy wat My ook, net soos Ek hom, bo alles liefhet. Hoe staan dit dan met die verering vir My van `n beter soort mens op aarde, wat drie-en-twintig uur per dag nodig het vir die versorging van hulle liggaam, terwyl Ek afgeskeep word met nouliks `n verlore uurtjie. Is dit goed om die ryk van God so te soek? Ek sê vir julle, die paddas in die plasse en die molle in die grond sou julle goed as geleerde apostels kan dien, want werklik, die padda kwaak die meeste van die tyd van die dag in sy vreugde oor die lewe, wat hy in sy plekkie mag deurbring en loof My onbewustelik in sy kwakende vreugde oor die besit van die lewe; die mol besef dit en baan vir hom `n weg in die duisternis van die aarde; sy weg en sy geluidlose rus is `n stille lofsang, waardeur hy onophoudelik vir My, sy Skepper, prys.

[5.5] Maar die mens, vir wie Ek alles geskape het, vir wie Ek soveel grootse dinge gedoen het, en nog ewig sal doen, ja vir wie Ek onophoudelik sorg, en vir wie Ek al My wysheid en liefde insit, meer as `n met liefde vervulde bruidegom vir sy allerliefste, dierbaarste bruid, hierdie mens vind oordag nouliks `n uurtjie vir My en dan maar net op die manier soos `n slorsige kookster dikwels baie gedagteloos sout in die kos gooi, omdat sy gewoond is om dit te doen, of om tenminste te kan sê dat sy sout in die sop gegooi het, ook al smaak dit dikwels nie veel beter as suiwer lou water sonder krag of smaak nie. - Werklik, Ek sê vir julle, deur so `n verering kom julle nie nader aan God nie en daardeur word julle eie lewe ook nie kragtiger nie. Want die lewe van julle houtkruis- en kamerkrusifikse, wat julle deur `n erbarmlike liggaam toon hoeseer julle verering en julle godsdiens soos die van die Jode lyk, wat tenminste die lewende aan die kruis geslaan het, terwyl julle hier veels te lui en te lou voor sou wees en genoeë daarmee neem, dat iemand julle so `n volbragte houtkruisiging verkoop, wat dan juis geskik word om in My plek die kern van julle verering aan te neem. O, julle dwase! Julle vereer dus die bewerkte hout, klip of metaal, net soos die hond `n hoeksteen vereer, wat `n voorganger besnuffel het, so druk julle jul lippe op die hout en dink, as julle daarby nog `n sogenaamde 'Onse Vader' en 'Wees gegroet' gebrabbel het, of as julle in `n klipkerk vol beeldhouwerk byna `n uur lank gedagteloos en uitgedos, met `n vergulde gebedeboek in die hand deurgebring het, dat jy My gedien en My bo alles vereer het. O, julle dwase. Glo julle dan dat Ek in hout is, in klip, in metaal of enige ander ydel houtsnywerk wat gemaak is deur meubelmakers, beeldhouers, draaiers, bankwerkers, slotmakers, smede, messelaars en skilders? Waarlik, Ek sê vir julle: Al die vereerders, as hulle hulleself nie hier op aarde anders sal bedink nie, sal mettertyd aardig lank op die maan na die skool moet gaan en daar die grootste geestelike en ook liggaamlike probleme ervaar, sodat hulle tenminste kan sien dat die lewende God beslis geen welgevalle het aan so `n onsinnige verering nie, want dit is veel slegter as die van die blinde heidene, wat hulle afgode tenminste uit vrees, al is dit dan nie uit liefde nie, `n werklike offer bring, terwyl julle vir My, die lewende God, vereer asof Ek gladnie bestaan nie, asof Ek waarlik maar net van hout was of, in `n gunstiger geval, oud gebak of pas gebak uit meel.

[5.6] Wil julle nou weet hoe die maanmense My vereer? By die maanmense bestaan die verering van God, op die geestelike, sowel op die liggaamlike kant van die hemelliggaam, uit niks anders nie as die langsamerhand leer waaruit die ware Godsverering bestaan en as gevolg van die leer begin hulle God in gees en waarheid te vereer en wel in hulleself, maar nie soos julle dit doen, slegs een uurtjie per dag en daarby ook baie loutjies en in hout en ander geestelik geprese dwaashede nie. Ook bestaan die verering van God daaruit, dat diegene, wat hier hulle liggaam drie-en-twintig uur per dag welgedaan het, daar anderkant oor `n lang tyd sal moet leer, om sulke ekstra fyn liggaamlike genoeë te ontbeer, en om hulle tot in die binneste vesels van hulle lewe te verloën en alles maar net van My te verwag. Hulle moet hulle geloof dikwels deur die veelvuldigste en swaarste beproewinge heen, steeds weer as lewend erken, maar nie soos julle, wat óf heeltemal geen geloof het nie, óf, as julle al een het, My, die lewende God, dan met weinig vertrouende krag omvat, soos wat julle `n sleggevormde hout krusifiks omvat.

Antwoord op vraag 2

[5.7] En as daarmee die eerste vraag beantwoord is, dan volg die tweede vanself daaruit; want waar Ek oftewel Self uiterlik optree deur daarheen gestuurde engele, oftewel innerlik Self as leraar optree, daar is geen kerklike en ook geen andersoortige leiers nodig nie - waaruit julle kan agterkom dat diegene, wie se leraar Ek geword het, alle ander opperste leiers baie maklik kan mis, veral as die leier baie meer `n goud- as `n geestelike leier is. En so is die hele maan niks anders as `n geestelike korrektiewe staat onder My persoonlike leiding nie.

[5.8] Volgens hierdie innerlike leer word hulle kinders ook opgevoed. Die enigste wat hulle nodig het, is die liefde en hieruit die geloof, volgens die leer van die geeste, dat Ek `n mens is en dat Ek die liggaamlike natuur aangeneem het op die wêreld waar hulle oorspronklik van afstam, om nie net alle mense van die aarde en die maan salig te maak nie, maar ook om almal wat in die eindelose ruimte oor tallose hemelliggame verstrooi is, byeen te bring en onder die kruis van die liefde ook vir hulle `n blywende woonplek te stig. - Dit is dan alles oor die religie en Godsverering op die maan.

[5.9] Daarom moet die manne daar hulle vrouens ronddra, omdat dit hulle deur die steeds drukkende las, hulle van hulle sinlike vleeslus sal genees. Waarlik Ek sê vir julle: Op aarde moes `n koning in sy ryk so `n beslisde noodsaaklike plig aan alle wellustiges opgelê het, naamlik dat as so `n wellusteling met `n meisie owerspel gepleeg het, hy haar dan `n hele jaar lank op sy rug moes rondsleep en haar so dag en nag, lêend, sittend, staande of lopend by hom moes hou. Voorwaar, hy sal in hierdie tyd die soet vlees verseker so vermy, soos iemand wie sy maag so bedorwe het deur die snoepery van heuning, dat hy, as hy weer herstel het, nog banger sal wees vir die heuning as vir die by wat steek!

[5.10] Dit word hier ewenwel vertel om `n duideliker beeld van die maan te kry en hoef hier op aarde, waar die mens in sy volste vryheid is, nie toegepas te word nie, omdat die straf wel die vlees `n tydjie verbeter en tot orde bring, maar nie die siel en nog minder die vrye gees nie. - Vandaar dat hierdie handeling op die maan nie as straf plaasvind nie, maar as uiting van `n inniger, beter liefde.

Antwoord op vraag 3.

[5.11] Die vraag, wat die maanbewoners van die aarde dink, is na dit alles oorbodig. Want die bewoners, wat vanweë hulle plasing aan hierdie kant van die maan op aarde sou kan sien, is geeste en kan die materiële maar net langs die weg van die geestelike ooreenkoms sien; bewoners aan die ander kant van die maan kry die aarde tog nooit te sien nie en ken haar maar net geestelik.

Antwoord op vraag 4

[5.12] Wat die laaste vraag betref, julle gedagte dat die maan die slaapwandelary sou veroorsaak, is volkome onwaar. Dit word gedurende die tyd dat dit volmaan is, maar net veroorsaak deur die intensiewer word van die magnetiese fluïdum van die aarde self. As die maan haar in die volle lig van die son bevind, dryf die lig die magnetiese fluïdum van die maan as`t ware weer na die aarde terug, waardeur die aarde dan weer hoër gelaai word en mense, wie se bloed deur inwerking van water, lug of eetgerei meer metale bevat, het dan die natuurlike moontlikheid in hulle, om juis die terugstromende fluïdum geleidend op te neem.

[5.13] Wanneer hulle senuwees dan daarmee opgevul word en `n hinderlike druk op die siel begin uitoefen, dan ontwaak sy of eerder gesê: Sy maak haar los van haar liggaamlike bande en wil die druk van die liggaam ontvlug. Die liggaam het nog `n geheel eie senuweegees, wat ten eerste sterk verwant is met die magnetiese fluïdum, ten tweede egter net so innig met die siel, wat weer deur hierdie senuweegees verbinding het met die liggaam en daarmee korrespondeer. As die siel daar tussen uit sou wou gaan, wek sy ook die senuweegees wat innig met haar verbonde is en hierdie dan natuurlik weer die liggaam en so werk die sogenaamde slaaptrein dan, asof daar drie mense agter mekaar loop wat aan mekaar gebonde is; maar die gees bly in die siel, waardeur sy ook leef. As so `n slaapwandelaar dan sy gesig na die maan toe keer en dikwels op dakke en kerktorings klim, gebeur dit omdat hy hom uit die magnetiese oorvolle diepte van die aarde wil verhef en daardeur sy drukkende oorvloed van die fluïdum wil verminder, sodat die liggaam weer geskik raak om sy siel met die gees deur die senuweegees opnuut op te neem en te herberg. As die liggaam vry geword het, bring die siel hom deur middel van die senuweegees na sy vorige plek terug en verenig haar dan eers weer heeltemal met die liggaam. Natuurlik weet die siel niks van die toestand nie, omdat sy geen geheue het nie. Dit word ten onregte deur die filosowe vir `n sielsvermoë aangesien, terwyl dit so is, dat die siel slegs dit weet wat sy korrek sien, die herinnering van die siel in die liggaam is niks anders nie as `n herhaalde terugsien van die ooreenkomstige vorm wat die gees in haar dra.

[5.14] Nou weet julle alles, behalwe dat dit eintlik die essensiële is van die magnetiese fluïdum, wat dit is en waaruit dit bestaan, is nie met `n paar woorde te verduidelik nie; want met enkele wyse woorde sou julle dit moeilik begryp en vir `n lang uiteensetting is julle reeds te vermoeid.

[5.15] Wag julle daarom die volgende geleentheid af om die nie onbelangrike naskrif te ontvang, waarmee die werk eintlik eers afgerond sal wees. Dus vir vandag Amen! Ek, julle Vader, Amen!

Desktop Kommentaar