Help

jakob-lorber.cc

Die Maan

Die oppervlakte en die geeste van die maan

11-5-1841

[4.1] Nadat ons die bewoners van die hemelliggaam leer ken het, wil ons beide die oppervlaktes aan weerskante nog van naderby bekyk.

[4.2] Wat die na die aarde toegekeerde kant betref, dit is met `n goed vergrotende kyker (teleskoop) al baie duidelik te sien en ook neem mense waar dat die oppervlakte nie gelykmatig vlak is nie, maar baie bergagtig. Die verskil met die aarde is, dat daar ten eerste geen watervlaktes te sien is nie en ten tweede dat die gebergtes nie soos op die aarde straalvormig of kettingvormig vanaf die hoogste punte na benede uitloop nie, maar slegs ringe vertoon wat groter of klein vlaktes insluit. Daar is ook wel `n paar bergrûe wat soos die aardse lyk, sowel wat betref die straal- as kettingvorm, maar dit is baie meer seldsaam en die straalvormige uitlopers is eintlik geen bergrûe nie, maar `n ononderbroke ry klein ringvormige walle, waarvan die deursnee nouliks meer as 50 meter bedra. Sulke klein ringwalle loop dan met baie duisende aan mekaar geryg in `n regte lyn deur, en wel vanaf een of ander groot ringwal na `n ander toe - `n groter, `n ewe groot of dikwels ook `n kleinere - en hulle vorm op hierdie manier so-iets soos strate tussen al die ringwalle. As mens `n sterker kyker neem, (teleskoop) dan sal mens hierdie uitlopers ontdek as lig glansende strale en sien hoe hulle hulle vanuit `n nog helderder en ook hoër geleë punt in alle rigtings uitstrek. Haar selvormige aaneenryging het baie astronome op `n onware gedagte gebring; hulle beweer dat hulle plantegroei daar ontdek het, terwyl dit tog op die hele na die aarde toegekeerde kant nie te ontdek is nie en ook onmoontlik ooit te ontdek sal wees, omdat dit nie daar is nie. Dieselfde is ook die geval met die nog meer seldsame voorkomende kettingvormige bergkettings, omdat dit, óf self uit suiwer soortgelyke ringwalle bestaan en soos stewige suikerhoede aanmekaar geryg en op hulle top klein ringvormige verdiepings het; of dit kan wees dat sulke aaneengerygde rotsagtige damme `n groter vlakte omring, wat soms meer as 50 myl groot is en wat self weer uit niks anders as groter en kleinere ringwalle bestaan nie, waarin selfs nog stomp kegels met klein, ringvormige verdiepings voorkom; ja, selfs die klein walletjies en hellings van die kegels is dikwels nog van sulke ringwalletjies voorsien.

[4.3] `n Mens sal graag wil weet, waartoe dit alles op die onbewoonde oppervlakte van `n hemelliggaam dien.

[4.4] Maar wat sou u daarvan dink as Ek sou vra waartoe al die puntjies, haartjies en veelsoortige inkepinge by alle blare van die loofbome, struike en plante dien en by alle soortgelyke variëteite en ook by alle orige dinge in die lewende en nie-lewende skepping. Kyk, dan sou daar baie verklaar moet word, veral as jy nog daarby bedink hoe onberekenbaar belangrik `n enkele haartjie al in `n mees onbetekenende mosplantjie is.

[4.5] Kyk, des te meer is dit die geval met die halwe oppervlakte van `n hemelliggaam; daarom kan Ek julle daaroor maar net iets in die algemeen sê. Al hierdie ringwalle op die maanoppervlakte is ten eerste so geplaas vir die opneem van die aardmagnetisme, dat die rande van die walle as`t ware suiers vir die onmeetbare fluïdum (uitstroming) is; ten tweede is die verskillende verdiepingsvate egter dan vir die opneem van die fluïdum. Die rede waarom hulle nie almal ewe groot en diep is nie, is dat hierdie krag verskillend verdeel moet word, sodat daar dan uit die gemiddelde van so `n presiese verdeling, `n goed afgeweegde proporsie tot stand gebring word, sodat die ordelike instandhouding en beweging van die twee teenoor mekaar liggende hemelliggame onveranderlik daardeur bepaal word. - Kyk, dit is in die algemeen die bestemming van die ietwat wonderlike voorkomende vorm van die maanoppervlakte!

[4.6] `n Tweede bestemming van byna al hierdie dieptes is, dat die atmosferiese lug wat daarin is, wat noodsaaklik is vir die instandhouding van al hierdie vorme, daar bewaar word soos wat `n mens water vind in die bekkens op aarde. Mense sal vra waar hierdie lug vandaan kom? Ek sê vir julle: Waar ook die van die aarde vandaan kom, naamlik uit die groot voorraadkamer van die oneindige, oral met lig- en etergevulde ruimte! Snags, dit wil sê as die na die aarde toegekeerde kant sonder lig is - vul hierdie dieptes hulle heeltemal met atmosferiese lug. Skyn die sonlig dan so langsamerhand daaroorheen, dan vorm hulle in hierdie tallose ketels `n baie ryklike dou as neerslag van die atmosferiese lug wat daarin is. Hierdie dou verstewig dan weer opnuut alle dele van die maanoppervlakte en sypel ook as suiwer water deur die hele hemelliggaam heen, ter ondersteuning van die aan die ander kant liggende waterbronne en die weer daaruit voortkomende newels en permanente luglae, - Kyk, dit is dus `n ander belangrike bestemming van die wonderlik voorkomende oppervlakteformasie van die maan.

[4.7] Wil jy wel glo dat al hierdie keteldale op die oppervlakte van die maan nog `n derde belangrike bestemming het?

[4.8] O ja, al hierdie ketels is tewens wonings vir die geeste wat hulle moet verbeter, wat uit die eerste graad van die hel gered word, deur die lerare wat daarheen gestuur word uit die beter en suiwerder wêreld van die geeste, wat dikwels hulp daarby kry uit die eerste hemel.

[4.9] As hierdie geeste daarheen gebring word, dan word deur die lug wat in die ketels is, `n gelykgesinde liggaam aan hom teruggegee, waardeur hulle sowel geestelike as ook - na gelang van die behoefte tot verbetering - materiële dinge kan sien.

[4.10] As hulle daar aankom, bewoon hulle eers die diepste en vir julle oë tewens donkerste plekke van die hemelliggaam. As hulle hulleself verbeter, dan word hulle growwer lugliggaam aldeur in `n fyner een verander, waardeur hulle dan ook in `n hoër geleë ketel kom; in die klein ketels kom slegs enkelinge en in die grotere ketels geselskappe van gelykgesindes.

Desktop Kommentaar