Help

jakob-lorber.cc

Die Maan

[2.6] Dieselfde doel het die maaglug ook gedurende die onverdraaglike warm dae, wanneer hierdie maanmense ook onder die aarde moet gaan, slegs met die onderskeid dat die gas deur die inwerking van die spysmaag in afkoelende suurstof omgesit word, waardeur dan ook hulle klokvormige woning, deur die veelvuldige uitstote, teen die binnedring van warm lug behoed word. Dit was dus die derde voordeel van die windmaag.

[2.7] `n Ander eienaardigheid van hierdie mense is, dat hulle oog `n tweevoudige eienskap het. Die eerste eienskap is die van die sien, soos by die mense op aarde. Die tweede is dat hulle oë hulle as lig dien in hulle donker kamers, welke eienskap selfs op aarde by bepaalde diere, net soos by mense, in verskillende streke aangetref word en wel by diegene wie se pupille rooi is soos die van konyntjies. Nog `n ander eienaardigheid van hierdie mense is die ongewone sterk gehoor, waardeur hulle in staat is om die swakste geruis baie maklik vanaf `n baie groot afstand te hoor, daarom is hulle oortregters dan ook heelwat groter en kompakter.

Desktop Kommentaar