Help

jakob-lorber.cc

Die Maan

[2.11] Slegs die geeste, vir wie dit nie nodig was om ter verbetering in `n maanmens geplaas te word nie, maar wat as geeste al `n vreeslike afsku van die aarde gekry het, word daarvandaan na die hoër vlakke gevoer en hulle kan dan in die kinderryk opgeneem word, wat die hoogste trap van saligheid vir hulle is. Maar dit is vir hulle onmoontlik om hoër te kom; want hulle beperkte hoedanighede sou nie in staat wees om `n hoër toestand te verdra nie, netso min as wat `n mens op aarde, solank hy nog in sy liggaam leef, dit in die fynste eter sou kan uithou.

[2.12] Kyk, dit is die lot van die beste wêreldgesinde mens. Want wie nie uit liefde tot My, vrywillig van die wêreld afstand doen nie, maar by wie deur My groot erbarming al die wêreldse deur sulke buitengewone dwangmaatreëls uitgedrywe moet word, die het nie vry gehandel nie; wie egter nie vry handel nie, handel soos `n slaaf. Wie kan egter die gedwonge handelinge van `n slaaf beskou as sy eie verdienste? As `n slaaf egter die dwingende voorwaardes vervul het wat aan hom opgelê is, dan is sy handeling desondanks tog soveel werd, dat mens hom brood as voedsel sal aanreik, sodat hy ook sal lewe in soverre hy, wel noodgedwonge, maar gewillig gewerk het.

[2.13] Hier is duidelik uiteengesit, waarom sulke wesens tot geen hoër saligheid in staat is, soos kinders wat van hulle aardse lewe oorgaan na die geestelike nie, want hierdie maanmense is niks anders as blindelings gehoorsame slawe nie en moet dit ook wees.

Desktop Kommentaar