Help

jakob-lorber.cc

Die Maan

Die mense op die maan

[2.1] Die mense op die maan is, net soos op die aarde, van beide geslagte; hulle was egter eers ongeveer duisend jaar later deur `n gevolmagtigde engel geskape.

[2.2] Hulle is maar iets meer as twee voet hoog en vertoon baie gelykenis met die noordelike dwerge. Hulle het baie groot buike, wat by hulle `n dubbele funksie het; die een funksie is die vertering van die spyse deur die maag, die ander funksie is, deur middel van `n tweede maag, die versameling van `n soort ligte gas, wat hulle `n driedubbele voordeel gee.

[2.3] Ten eerste maak die gas hulle lig sodat hulle, weens gebrek aan hout, waardeur hulle geen brûe kan bou nie, baie maklik oor elke stroom heen kan spring. En is daar baie breë riviere, of ook wel hier en daar `n binnesee, dan kan hulle soos `n vis maklik oor die oppervlakte heen swem. Dit is dus die eerste voordeel van hierdie maag.

[2.4] Die tweede voordeel bestaan hierin, dat hulle deur die uitstoot van hierdie lug `n soort knallende geluid voortbring, waarmee hulle hulle aanwesigheid vir mekaar in die onderaardse vertrekke kenbaar maak. Ook gebruik hulle hierdie lug vir `n duideliker spraak na buite want dit is wel baie onduidelik; want die spraak deur middel van hulle longe is ook swak en sag en hierdie spraak word maar net gebruik deur die lewende gees wat in die maanmens is, wat daar ter verbetering ingebring is. Die eintlike maanmense het `n aanvanklike afsku vir hierdie taal. As die gees egter langsamerhand beter word, dan raak die siel van die maanmens bevriend met die te verbeterde inwonende gees van `n aarde mens. As die siel van die maanmens volkome een word met die verbeterde gees, dan veroorsaak hierdie toestand dan ook die meestal pynlose dood van die maanmensliggaam.

[2.5] `n Derde voordeel van hierdie lug in die maag is dat hulle hulleself in hulle ondergrondse hole verwarm deur hierdie lug dikwels tydens die koue nag uit hulle te laat stroom; dit gebeur op die volgende manier: Omdat hulle woongate lyk, of liewer van binne so uitgehol is, dat dit ongeveer soos `n groot stomp klok lyk, waarvan die ingang van die bodem af deur `n soort trap bereik word, versamel die uitgestote, ligte lug onder hierdie lugdigte woonklok, maak die woning draaglik warm en verhinder die vrye binnestroming van die baie koue atmosferiese buitelug; hiervan word dan soveel deur die ligte gas opgeneem, wat absoluut noodsaaklik is vir die fisieke lewe.

[2.6] Dieselfde doel het die maaglug ook gedurende die onverdraaglike warm dae, wanneer hierdie maanmense ook onder die aarde moet gaan, slegs met die onderskeid dat die gas deur die inwerking van die spysmaag in afkoelende suurstof omgesit word, waardeur dan ook hulle klokvormige woning, deur die veelvuldige uitstote, teen die binnedring van warm lug behoed word. Dit was dus die derde voordeel van die windmaag.

Desktop Kommentaar