Help

jakob-lorber.cc

Die Maan

[1.8] As jy dit `n bietjie verstandig bekyk, sal jy goed begryp waarom die maan geen rotasie het nie en daarom ook steeds dieselfde kant na die aarde keer.

[1.9] Om egter die maan en sy bewoonbaarheid heeltemal te begryp, moet mens weet dat die maan eintlik maar net op die, na die aarde toegekeerde kant, 'maan' is; aan die ander kant is hy geen 'maan' nie, maar `n baie stewige stuk aarde. Wat dus 'maan' is, is nie vas nie, maar baie lossies, byna soos `n ietwat vaste seeskuim; die vaster dele styg soos berge omhoog, maar die sagter dele is nis- en tregtervormig in die rigting van die sentrum van die hemelliggaam ingesonke. In enkele daarvan is atmosferiese lug wat nog nie kan ontwyk nie en dit, as jy deur sterk verkyker kyk, lyk byna soos water. Alle hoogtes, net soos die minder diep tregters, het geen atmosferiese lug nie, maar slegs eter, soos wat dit in die vrye ruimte tussen die son en planete is, Hierdie kant van die maan word dan ook nie deur organiese wesens bewoon nie, maar haar bewoners is van geestelike aard. Hierdie geestelike bewoners was tydens hulle aardse lewe louter wêreldgesinde mense en word nou ter verbetering daarheen verban, sodat hulle hulleself nog op hierdie manier genoeg aan die wêreld kan vergaap. En as hulle na `n lang tyd merk, dat die aangaap van die wêreld geen vrugte oplewer nie en as hulle sal luister na die leraars wat daarheen gestuur is, dan word diegene wat hulle wel wil verbeter, dadelik na `n hoër, gelukkiger trap van vryheid gebring; die minder volgsames kry egter weer `n liggaam op die maanaarde en moet daar `n baie armsalige en kommerryke bestaan lei. In die eerste plek het hulle daar met groot koue en duisternis te kampe, ten tweede met `n ondraaglike hitte; want die nag duur daar byna veertien volle dae en die dag duur ewe lank. Teen die einde van elke nag word dit daar so koud soos by die noordpool op aarde en in die middag en teen die einde van die dag word dit so warm, dat geen lewende wese dit op die oppervlakte kan uithou nie.

[1.10] Die bewoners, net soos alle organiese wesens, woon daar binne-in die aarde. In hierdie onderaardse woning moet hulle die helfte van die dag deurbring en die helfte van die nag; daarom is daar ook geen huise en stede soos op die aarde nie, maar die woninge lê diep in die grond, hier en daar ook in die bergsplete en gate.

Desktop Kommentaar