Help

jakob-lorber.cc

Die Maan

[1.13] Daar is in die riviere, asook in die mere, wat op die maanaarde redelik baie voorkom, nog baie waterdiere en ook enkele soorte klein voëls, wat lyk soos die aardse spreeus, - asook `n groot menigte insekte en ander een-, twee-, drie- en viervoetige aardediertjies; hulle doel en hulle nadere beskrywing sal ons later hoor. Voorlopig sal dit wat nou vertel is, genoeg wees.

[1.14] Maar behoed jou daarteen om veral in die toekoms ooit self `n bewoner van hierdie armsalige hemelliggaam te word. Want hierdie geel glansende lewenskool is `n baie armsalige skoolgebou en dit sou beter wees om veertien maal per dag op aarde te sterwe, as om maar `n dag daar te lewe; want die bewoners het dit daar veel slegter as diegene wat hier in die kerkhowe begrawe lê. Hulle weet nie dat hulle begrawe is nie, maar die bewoners van die maan moet in hulle grafte lewe en word daar dikwels in hulle onderaardse behuising deur instorting of deur skielike oorstromings begrawe.

[1.15] Wat die nog verdere bemerkingswaardige verskynsels van die maanaarde, sowel as van sy bewoners betref, die sal Ek bekend maak by `n volgende geleentheid. Dink nou net na oor wat gesê was en sien veral toe dat jy die lentetyd van jou lewe goed besef en benut, dan sal jy selfs in die maan, as alles daarvan vir jou onthul is, `n baie belangrike teken van die Mensenseun aan die hemel sien! Amen. Dit sê Ek vir julle, nou komende op die wolke van die hemele. Amen, amen, amen.

Desktop Kommentaar