Help

jakob-lorber.cc

Brief aan Laodicea

[3.45] Maar soos dit met my in Rome gaan, sal vir julle die getroue broer Tychikus vertel, wat ek nou na julle toe stuur, so ook na die Kolossense, wat daar nes julle vir hulle deur die Satan laat mislei het.

[3.46] Groete aan alle liewe broeders en aan Nymphas en sy huis se getroue gemeente; want ek gee hom die getuienis, dat hy geregverdig is en aldag soos ek vir God ter wille van julle bid.

[3.47] Groete ook aan die Kolossense, indien julle na hulle toe gaan; want daar is sommige onder hulle, wat julle ken, wat daar aldag geregverdig en getrou in die geloof en die liefde tot God is.

[3.48] Maar wanneer die Kolossense hulle brief gelees het, dan lees ook julle dit, soos wat ek julle ter wille van die Here vra, dat julle hierdie brief dus ook die Kolossense moet laat lees!

[3.49] Want dit is vir hulle net so noodsaaklik soos vir julle! Laastens vermaan ek vir julle hiermee skriftelik - soos alles vir julle ook mondelings deur Tychikus verduidelik sal word-, dat hierdie brief in alle gemeentes gelees moet word, soos die’ aan die Kolossense.

[3.50] Ek groet met my eie hand: Dink in liefde aan my! Die genade van ons Here Jesus Christus wees met julle!

Desktop Kommentaar