Help

jakob-lorber.cc

Brief aan Laodicea

[3.4] Julle dwase! Watter diens wil julle dan vir die Almagtige, wat hemel en aarde reeds vroeër gemaak het, voordat julle nog deur Hom geskep was, gee?! Wat het julle dan, wat julle nie vantevore ontvang het nie; maar indien julle dit ontvang het, wat gee julle voor, asof julle dit dan nie ontvang het nie?!

[3.5] Wil julle daarmee dan die Here ‘n aangename diens bewys, wanneer julle in ‘n tempel, deur mensehand gebou, Hom deur seremonies en rookwerke en deur dooie gebede op lang of breë strepe aanbid?!

[3.6] O sien, hoe ver het ‘n apostel van die Satan vir julle mislei! Is Christus tog, waarin die volheid van die Godheid woon, liggaamlik in die tempel tot die dood veroordeel en het vooraf Self van sy volledige ondergang geprofeteer!

Desktop Kommentaar